
VERRIGTINGE VAN DIE WES-KAAPSE PROVINSIALE PARLEMENT


Die Huis kom om 14:16 byeen.

Die Speaker neem die Stoel in en lees die Gebed.

INTERPELLASIES, VRAE EN ANTWOORDE - kyk bl 252.

STERFTES VAN ONSKULDIGE KINDERS

(Voorstel)

*Mnr D SILKE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis met diepe besorgdheid kennis neem van die voortdurende sterftes van onskuldige kinders wat in die spervuur van bendeverwante geweld vasgevang word, en verder die verlies van vier jong lewens oor di afgelope week veroordeel, en 'n beroep op die nasionale Minister van Veiligheid en Sekuriteit doen om onmiddellik die gebrek aan 'n polisiestasie in Bonteheuwel, wat die huidige situasie vererger, aan te spreek.

* Die SPEAKER: Orde! Is daar enige besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

WES-KAAPSE BEGROTINGSWETSONTWERP [B5-2000]

(Komiteestadium hervat)

Begrotingspos 7 - Maatskaplike Dienste

Die WAARNEMENDE MINISTER VAN MAATSKAPLIKE DIENSTE: Me die Voorsitter, ek wil begin deur die agb lid mnr Marais te bedank. Hy het 'n hele paar jaar lank hierdie portefeulje behartig. Ek sien hy is nie nou hier nie, maar ek bedank hom tog in sy afwesigheid vir die rol wat hy daar gespeel het. [Tussenwerpsels.]

Tweedens wil ek dankie s aan ons personeel wat vandag hier is - dr Sutcliffe, me Petersen, me Follentine, mnr De Grass, daar sit mnr Van der Westhuizen so eenkant en ek sien ook van ons personeel in die galery.

Ek wil die voorsitter en lede van SKOF bedank vir die indringende vrae wat op 'n positiewe en konstruktiewe wyse gevra is. Ook in die vergadering van die staande komitee gisteraand het hulle baie waardevolle insette gelewer.

Die begroting vir die 1999-2000-boekjaar het 'n bedrag van R2,2 miljard beloop. Vir die 2000-01-boekjaar versoek ons 'n bedrag van R2,266 miljard. Dit is 'n verhoging van 2,87%.

*Ek wil na die visie van hierdie tak verwys, naamlik om 'n selfonderhoudende gemeenskap te skep. Die doelstelling daarvan is om op 'n ontwikkelingsgerigte wyse toegang tot die bestaansbeveiligingsnet vir die armes, die kwesbares en diegene met spesiale behoeftes te vergemaklik.

Ek wil ook kortliks verwys na die strategiese oogmerke. Dit is om dienslewering te verbeter; om meer toeganklik te wees vir die gemeenskappe; om dienste op 'n meer ontwikkelingsgerigte wyse te lewer; om groter bydraes te lewer tot die uitwissing van bedrog en korrupsie; om dienslewering te hervorm van inrigtinggebaseerde lewering tot gemeenskapsgebaseerde lewering; en om insig te verskaf in bevolkingsneigings in die Wes-Kaap en ook in Suid-Afrika.

Ek wil ook verwys na die herstrukturering van die Tak: Maatskaplike Dienste. Die Tak: Maatskaplike Dienste word tans bedryf kragtens die model waar 13 distrikskantore en 8 inrigtings direk gekoppel is aan die hoofkantoor van die tak. Die distrikskantore lewer dienste aan ons klinte op voetsoolvlak, hetsy deur die kantore, of deur 'n netwerk van dienspunte in die gemeenskap.

Met die ondersteuning van die werkstudiekomponent het die tak 'n herstuktureringsproses van stapel gestuur. Die werkstudie het die struktuur van die hoofkantoor, die distrikskantore en die inrigtings van die tak ondersoek. Wat die struktuur van die hoofkantoor betref, is die ondersoek afgehandel en die nuwe struktuur sal met ingang van 1 April 2000 in werking gestel word.

Wat die distrikskantore betref, het die Kabinet die herstrukturering daarvan as 'n prioriteitsgebied gedentifiseer. Die distrikskantore moet ook in ooreenstemming gebring word met die struktuur van die hoofkantoor. Voorts is die herstrukturering daarvan noodsaaklik vir 'n verbetering in die lewering van dienste, met 'n etiek van klintediens.

In 'n poging om die toeganklikheid van kantore vir die gebruikers van alle dienste wat deur die tak gelewer word, te verbeter, sal daar in die 2000-01-boekjaar begin word met die vestiging van drie nuwe kantore. Die Bellville-kantoor sal in twee kantore verdeel word. Dit sal die vestiging van 'n 14de distrikskantoor in Eersterivier tot gevolg h. Die opgradering van twee plaaslike kantore tot volwaardige distrikskantore word ook in die vooruitsig gestel. Hier kan ek na Caledon en Guguletu verwys. Hulle is vir opgradering in die 2001-02-boekjaar geoormerk.

Me die Voorsitter, ek wil graag verwys na die maatskaplike welsynsfinansieringsbeleid en die verskuiwing in beleidskwessies vir maatskaplike welsyn. Ons huidige finansile stelsel is administratief omslagtig. Dit bestaan uit 13 verskillende finansieringsformules, wat onder meer gekenmerk word deur min ruimte vir die invoer van nuwighede. As dit eers gefinansier is, gaan die finansiering feitlik nimmereindigend voort, ongeag prestasie, en daar is 'n vooraf bepaalde reeks dienste, gewoonlik met 'n enkele doel. Dit is wat ons wil hervorm.

Die maatstawwe vir finansiering sal nie meer gegrond word op die beskouing dat iemand daarop geregtig is of die standpunt dat, "Ek bestaan, daarom moet julle my finansier", nie, maar eerder op - ek wil party van die maatstawwe noem - doeltreffendheid, toepaslikheid van verwagte uitsette, maatskaplike integrasie, verskeidenheid en billikheid, dienste wat meer as een diensvlak dek, die integrasie van spesiale ontwikkelingsterreine op alle diensvlakke en, baie belangrik, 'n diensskakel tussen maatskaplike dienste en maatskaplike bystand.
Monitering is vanselfsprekend baie belangrik. Monitering en evaluering is kernbelangrike komponente van die nuwe finansieringsbeleid om te verseker dat beide uitsette en insette deur die beginsel van waarde vir geld aangedryf word. Hierdie funksie sal deur die personeel in Program 5: Klintedienste verrig word. Dit is 'n nuwe program, wat gedeeltelik die toename onder die item Personeel verklaar.

As finansiering goedgekeur word - dit is ook 'n nuwe konsep - word 'n diensvlakooreenkoms of DVO tussen die Departement van Welsyn en sy vennoot of vennote aangegaan. Van wesenlike belang is dat hierdie beleid in dieselfde mate van toepassing is op die Tak: Maatskaplike Dienste - dit is belangrik vir gehaltebeheer - asook die diensleweringsvennote daarvan. Dit maak van die tak 'n aankoper van dienste, in plaas van 'n subsidieerder van dienste.

Dit plaas sterk klem op uitsette en die monitering van prestasie, iets wat tot dusver 'n ernstige tekort was. 'n Organisasie sal nie net befonds word vanwe die organisasie nie, maar op grond van die spesifieke uitsette; dit wil s, dat hy werklik kan presteer en gemeet en gemoniteer kan word.

Wat die rekenarisering van die register betref, die Tak: Maatskaplike Dienste is 'n diensleweringsorganisasie en moet rekords hou van 'n enorme hoeveelheid inligting oor alle begunstigdes. In hierdie stadium ly ons in daardie tak aan die verlore-lers-sindroom, en ons wil werklik aandag gee aan daardie bron van kommer. Daar is besluit dat die dokumente wat in elk van die distrikskantore op ler is, plaaslik by die distrikskantore ingeskandeer sal word, maar dat eers met hierdie projek begin sal word nadat die herregistrasieproses voltooi is. Die projek sal oor drie boekjare infaseer word. en in hierdie boekjaar sal 'n loodsprojek in Vredendal - ek is jammer dat my kollega vir Vredendal nie hier is nie - teen 'n verwagte koste van ongeveer R200 000 ingestel word. In die 2000-01-boekjaar is 'n bedrag van R1 miljoen bewillig, en die totale geraamde koste oor die drie jaar sal in die orde van R5,7 miljoen wees.

Ek wil by armoede kom en spesifiek verwys na die navorsing wat ons ten opsigte van die gebiede gedoen het wat onder armoede gebuk gaan. Ten eerste wil ek melding maak van die omskrywing wat ons gebruik as ons na die streke kyk. Ek het dit ook in SKOF genoem. Deur 'n huishoudelike inkomste-armoedelyn van R18 000 per jaar te gebruik, dit wil s, R1 500 per maand, en terwyl in gedagte gehou is dat die nasionale gemiddelde van huishoudings wat in armoede leef op 64,7% staan, is die volgende landdrosdistrikte as ons primre bron van kommer in hierdie provinsie gedentifiseer. Ons sal moet begin om ons hulpbronne te herfokus, maar ek sal binnekort daarna verwys.

Die eerste een is die landdrosdistrikte van Wynberg en Mitchells Plain. As ons na Mitchells Plain verwys, is dit nie net Mitchells Plain nie, maar die landdrosdistrik wat plekke soos Nyanga, Ou Kruispad, Guguletu, Khayelitsha, Brown's Farm en Mitchells Plain self insluit.

Net om aan agb lede 'n idee te gee van wat in die Wes-Kaap aan die gang is, daar is 357 480 huishoudings in die Wes-Kaap wat in armoede leef. Hiervan leef 32,98% in hierdie landdrosdistrikte. Hierdie navorsing was vir ons baie waardevol sodat ons kan begin om op ons hulpbronne en die aanbieding daarvan te fokus en te herfokus.

Ek kan 'n ander voorbeeld in die Klein-Karoo en Sentraal-Karoo noem. In Murraysburg, net noord van Beaufort-Wes, leef 81,5% van die 1 301 huishoudings in armoede; dit wil s, hulle verdien minder as R1 500 per maand.

Ek wil ook na een voorbeeld in die noordwestelike gedeelte van die provinsie, die Clanwilliam-gebied, verwys. Ons sal later by Clanwilliam uitkom. Daar het 61,5% van die 5 905 huishoudings 'n inkomste van R1 500 per maand en minder, wat 'n ernstige bron van kommer vir die Huis en almal in die Provinsie is.

Deur gebruik te maak van die Provinsiale Menslike Ontwikkelingsindeks - ek is seker agb lede het almal daardie indeks gesien - wat woongebiede volgens sensusplekname rangskik ten opsigte van armoede en hul kwesbaarheid vir armoede, is bevind dat 32 van die 115 hoogstes in die Mitchells Plain-landdrosdistrik gele is, 9 in die noordwestelike gedeelte van die provinsie en 17 in die Karoo en Klein-Karoo-streek. Daar is ook 'n ranglys van 600.

Ek wil na die Mitchells Plain-landdrosdistrik verwys, want ek is seker dat dit vir almal 'n bron van kommer is. Daar is ook die probleem dat ons na die hertoewysing van finansiering moet kyk. Daar is slegs twee tehuise vir bejaardes in daardie spesifieke omgewing en 269 mense word daar gehuisves; 19 geriewe wat gemeenskapsdienste aan 1 171 bejaarde en gestremde persone lewer; 134 geriewe vir vroe kinderontwikkeling, wat 9 751 kinders huisves; en slegs 8 naskoolgeriewe wat na 530 kinders omsien. Daar is twee groot bronne van kommer wat ek wil beklemtoon. Daar is geen veilige skuilings vir slagoffers van geweld in daardie gebied nie, en daar is ook geen veilige skuilings vir volwassenes nie.

Ek wil by straatkinders kom. Mense noem dit soms 'n omstrede kwessie. Die meeste mense het uitmuntende beleidsrigtings op die tafel, maar niks gebeur werklik ten opsigte van straatkinders nie. Ek wil verwys na wat in die Wes-Kaap aan die gang is, spesifiek ten opsigte van hierdie tak. Die verskynsel van straatkinders is 'n globale, ingewikkelde verskynsel. Ons tref dit oral aan. Ons erken dat die lewens van straatkinders gekoppel is aan armoede, huishoudelike geweld, dwelmmisbruik en ho werkloosheidsyfers.

Dit is natuurlik moeilik om die probleem in getalle om te sit, hoewel daar beraam word dat daar vir elke vier kinders wat bedags op straat gesien word, drie kinders is wat in die straat is, wat beteken dat hulle snags huis toe gaan. Miskien sal almal nie saamstem nie, maar dit is ons huidige statistieke.

Teen hierdie agtergrond het die Departement van Maatskaplike Dienste 'n beleidsraamwerk vir straatkinders daargestel. Ek wil verwys na die ses onderling verwante elemente wat vir hierdie Provinsie belangrik is, sodat ons aandag aan die saak kan gee. Dit is openbare bewussing en opvoeding; opleiding; vroe ingryping - en dit is baie belangrik - en voorkomingsprogramme met die klem op die herintegrasie van die gesin en gesinsversterking; 'n 24-uur-diens, wat die nooduitplasing van kinders insluit; 'n databasis - ons is nou besig daarmee - om die beweging van kinders in die stelsel na te spoor; en meer navorsing, monitering en evaluering.

Ek wil egter ook verwys na party van die suksesse in hierdie Provinsie. 'n Konsultant - die NRO Streets - is aangestel en hulle het vir ses maande 'n loodsprojek in die Wes-Kaap bedryf. Die evaluering het die volgende aan die lig gebring: hulle het meer as 500 gesinne as deel van hierdie projek besoek; slegs 10% van die straatkinders is vroulik, waarvan 2% op straat bly; en hulle het 258 kinders hervestig - 'n baie belangrike suksesverhaal - waarvan bykans 90% aan die einde van die sesmaande-tydperk in hul gesinne en gemeenskappe gebly het. Dit is bewys daarvan dat ons werklik in hierdie provinsie 'n verskil kan maak as ons die regte beleid toepas en ernstig dink oor hierdie bron van kommer en uitdaging.

In die 2000-01-toewysing is 'n bedrag van R2,3 miljoen aan hierdie projek toegewys, maar hierdie ingrypings, en dit moet ons almal begryp, moet gelyk loop met ingrypings wat armoede bestry en di wat op werkskepping gemik is. Ons sal nooit hierdie stryd heeltemal wen nie, maar ons moet op 'n ferm, deeglike en menslike wyse probeer om dit sover moontlik te verminder en uit te wis.

Ek wil aanskuif na jong mense in konflik met die gereg. In hierdie stadium word jeugdiges in die Wes-Kaap teen 'n tempo van 1 400 per maand in hegtenis geneem. Van hierdie arrestasies word 1 100 in die metropolitaanse gebied uitgevoer en die res buite die metropolitaanse gebied. Daar is net meer as 600 verhoorafwagtende jeugdiges onder die ouderdom van 18 jaar in tronke. Dit is op sigself 'n groot bron van kommer.

Die tak het op verskeie strategie besluit om aandag te gee aan die hierdie probleme. Ek wil graag twee geriewe noem. In hierdie stadium is daar sewe plekke van veiligheid wat kragtens die Wet op Kindersorg, 1983 (Wet 74 van 1983), en strafproseswetgewing gestig is. Vier van hulle is opgradeer en opgeknap om verhoorafwagtende jeugdiges in die Wes-Kaap te huisves. Ek sal nie verder hierop ingaan nie, maar sal reageer indien dit nodig is.

Wat betref veilige sorggeriewe vir kinders wat ernstige misdade gepleeg het, is ons nou besig om twee sulke geriewe te vestig. Natuurlik het hierdie jeugdiges ernstige gedragsprobleme. Die een gerief sal op 1 Mei 2000 in Faure in bedryf wees vir 60 seuns tussen die ouderdomme van 14 en 17 jaar. Ongelukkig sal 'n veilige sorggerief vir 24 seuns ook tot op die ouderdom van 17 jaar in Clanwilliam eers in 2001 in bedryf wees. Dit maak egter deel uit van ons langtermynprogram van beplanning.

Daar is ongelukkig ook hindernisse in die stelsel. Ek is nie vandag hier om die vinger te wys en skuld uit te deel nie, maar ek moet daarop wys dat ons sekere probleme in die regstelsel ondervind. Daar is egter ook sekere probleme in ons eie organisasie, waaraan ons tans aandag gee. Aan die positiewe kant, ons het 'n vergadering met alle rolspelers, met inbegrip van Korrektiewe Dienste en die SAPD, gehou om te sien hoe ons die proses kan bespoedig. Die antwoord is nie om meer veilige sorggeriewe te bou nie. Die antwoord is werklik om die stelsel vinniger te laat werk en die hindernisse wat ons ondervind, uit die weg te ruim.

Ek gaan oor na die dienste aan mishandelde vroue en kinders. Tans befonds die departement sewe skuilplekke vir mishandelde vroue en een omvattende vrouesentrum. Vyf van hierdie geriewe is in die stedelike gebied en huisves 160 vroue. Drie is in die nie-stedelike gebied en huisves 50 vroue. Die omvattende gerief vir vroue, die Saartjie Baartman Sentrum, gaan nou sy tweede jaar binne. Tot dusver was die resultate baie positief en nuwe organisasies raak betrokke en vestig hulself in hierdie sentrum. Een voorbeeld is die netwerk oor Geweld Teen Vroue. Hulle het hul kantore na die gerief verskuif en Rape Crisis het ook 'n tak by die sentrum geopen. Met ingang van 1 April 2000 sal Nimro ook 'n kantoor by die gerief h. Verskeie projekte oor vaardigheidsontwikkeling, werkskepping en ontwikkeling is aan die gang. Dit sluit 'n spysenieringsonderneming, strykdienste en 'n tweedehandse winkel in. Ek moet net meld dat vroue en hul kinders by al die skuilplekke gehuisves word, en nie net die vroue nie.

Die Protokol vir die Bestuur van Kindermishandeling en Kinderverwaarlosing bestaan al twee en 'n half jaar lank. Oor die afgelope twee en 'n half jaar was die primre rol van die Tak: Maatskaplike Dienste die daarstelling van 'n na-uurse diens vir kinders wat slagoffers van mishandeling is. Daar is in drie loodsgebiede hiermee begin - Atlantis, George en ook in Mitchells Plain.

Die na-uurse diens vir kindermishandeling is daarna regoor die provinsie ontplooi. Finansiering word deur 'n NRO oorbetaal, wat die verantwoordelikheid aanvaar vir die kordinering van 'n netwerk van vrywilligers wat by polisiestasies ontplooi is, en nie net vir vrywilligers nie, maar ook vir maatskaplike werkers uit ons departement.

Ek wil graag na twee vlagskipprojekte in die Wes-Kaap verwys. Die aanvanklike fondse het gekom van die nasionale departement en die mikpunt was om die vroue wat by die projek betrokke geraak het, te help om ekonomies onafhanklik te word. Die gedagte was voorts dat die vroue aan die einde van die driejaarperiode die eienaars van die projek sou wees. Die dagversorging van hul kinders was natuurlik deel daarvan.

In die Wes-Kaap is besluit op een stedelike en een plattelandse projek. Die een in Kruispad is die stedelike een en dit is 'n skermdrukprojek. Die ander is 'n groenteboerdery in die gebied Beaufort-Wes. Die skermdrukprojek het vanwe sy aard baie gouer wins getoon as die projek in Beaufort-Wes. By eersgenoemde is daar van die vroue wat reeds 'n inkomste van tussen R700 en R800 per maand genereer.

Die groenteboerdery in Beaufort-Wes het aanvanklik stadiger van die grond gekom. Ek dink nie dit is so maklik om groente te kweek nie. Die resultate wys natuurlik ook nie so vinnig nie. Daar is besluit om 'n bietjie te diversifiseer en 1 000 henne is aangekoop. Di getal is later verhoog na 2 000. Daar is ook lusern, turksvye en 'n olyfboord aangeplant. In hierdie stadium is die inkomste vir die vroue slegs R200 per maand, maar met 'n bietjie geduld en die deursettingsvermo wat ons daar ervaar, sal dit styg. Die nadeel is dat hierdie projek net vir drie jaar gefinansier word. Dit wil lyk asof ons die periode na vyf jaar sal moet verleng met projekte soos di, sodat ons ook daar die nodige steun kan gee.

Daar is ook gemeld dat die welsynsprojekte in Kruispad en in Bekkersdal in Gauteng van die mees suksesvolle projekte in Suid-Afrika is. Ons wil diegene gelukwens wat daarby betrokke is en aan hulle s om moed te hou, want ons staan by hulle.

Ek wil ook na 'n kinderparlement verwys, iets wat dalk anders kan wees. Ek hoop nie dit is 'n bedreiging vir agb lede hier nie! [Tussenwerpsels.] Suid-Afrika het in 1995 die Verenigde Nasies se Konvensie op die Regte van die Kind bekragtig. Die konvensie berus op vier beginsels, naamlik die beste belang van die kind, oorlewing en ontwikkeling, nie-diskriminasie en deelname. Daar was 'n behoefte dat kinders die geleentheid moes h om self sake op die agenda te plaas na hul behoefte, wat dan as 'n konsultasieforum gebruik kon word. Suid-Afrika het na twee jaar verslag gedoen. Dit het plaasgevind in Januarie vanjaar. Daar is terselfdertyd besoek gebring aan Frankryk en Skotland, waar twee kinderparlement reeds gemplementeer is. Ek wil in hierdie stadium nie vir agb lede te veel besonderhede daaroor gee nie. Ek wil net s ons kan kyk na die verskillende modelle. Dit is ons oogmerk om voor die einde van hierdie jaar 'n Kabinetsmemorandum daaroor voor te l.

*Ek wil ook verwys na 'n veeldoelige sentrum-program wat al 'n rukkie in die Wes-Kaap in bedryf is. Ek glo dat dit baie geslaagd is. Daar is twee aspekte verbonde aan hierdie veeldoelige sentrum-program. Die eerste verteenwoordig 'n nuwe benadering tot dienslewering wat ontwikkelingsgerig ingestel is, die vestiging bevorder van vennootskappe om armoede te bestry en werkloosheid te verminder, en maatskaplike integrasie aanmoedig. Die tweede is toeganklike dienslewering in daardie spesifieke gerief. Die veeldoel-sentrum kan f onder een dak wees, f dit kan 'n groep geboue wees. In hierdie veeldoel-sentrums huisves hulle maatskaplike welsynsdienste, gesondheidsdienste, ontspanningsprogramme, beroeps- en maatskaplike vaardigheidsopleiding, ekonomiese werksaamhede en alle ander verwante programme.

Die belangrikheid van hierdie veeldoel-sentrums is eintlik dat hulle die behoeftes van die gemeenskap sal identifiseer, en 'n mens sal dus nie een veeldoel-sentrum h wat presies dieselfde is as die ander nie. Hulle moet aandag gee aan die behoeftes van die gemeenskap en daarom sal agb lede sien dat hulle uniek is ten opsigte van grootte, fasiliteite en, natuurlik, die aard van die dienste. Tans is daar 10 veeldoel-sentrums. In die komende boekjaar, 2000-01, is Vredendal 'n prioriteit. 'n Nuwe fasiliteit word ook vir Beaufort-Wes beplan. Dit sal teen 'n koste van R1,6 miljoen in Vredendal en R2 miljoen in Beaufort-Wes gedoen word.

Ek wil graag verwys na noodleniging en rampbestuur. Ek dink nie daar is baie in die verlede daaroor gepraat nie, maar sodra ons 'n ramp beleef, kom dit dadelik ter sprake. Noodleniging word verleen in die vorm van noodsaaklike bestaansmiddele aan gesinne en mense wat deur 'n ramp of insident geraak is ingevolge die Wet op Maatskaplike Bystand. Hierdie bystand bestaan uit klere, voedsel, komberse, matrasse, kookgereedskap en ander eetgerei.

Ek gee graag 'n bietjie agtergrond. Noodleniging is die verantwoordelikheid van die betrokke plaaslike owerheid. Hulle kry natuurlik die geld van hierdie tak en die personeel van die betrokke distrikskantoor van Maatskaplike Dienste verleen hulp aan die betrokke munisipaliteit. In 1997 is met die Rooikruisvereniging, asook met plaaslike owerhede, ooreengekom dat hulle die nodige hulp sal verleen. Die plaaslike owerhede of die Rooikruisvereniging verleen dus die hulp. Die uitgawes word dan aan die departement voorgel. Dit word natuurlik nagegaan en 'n uitbetaling word gedoen.

In die geval van 'n ramp word 'n eenmalige bedrag van R500 per gesin - dit is al in hierdie Huis bespreek - aan rampslagoffers uitbetaal indien fondse beskikbaar is. Die plaaslike owerheid behartig die registrasie. Natuurlik is dit belangrik dat 'n verteenwoordigende rampslagofferkomitee saamgestel sal word om toesig te hou oor die toekenning van geld, soos ons byvoorbeeld gesien het in die geval van Manenberg.

In die huidige boekjaar het 23 munisipaliteite by die departement aansoek gedoen. Die ergste ramp wat ons gehad het, soos agb lede weet, was die Manenberg- tornadoramp. 'n Bedrag van R3,4 miljoen is aan rampslagoffers uitbetaal vir daardie gebeurlikheid.
*Me die Voorsitter, ek wil nou na bestaansbeveiliging en belangrike aspekte daarvan verwys. As 'n mens na die begunstigdes en die getalle kyk, sien jy dat daar in hierdie stadium 320 000 in die Wes-Kaap is. Ons betaal 'n bedrag van R150 miljoen per maand uit.

Ek gaan kortliks na die uitbetalingstelsel verwys, want ek is daarvan bewus dat een van my kollegas ook dalk hieraan aandag kan gee. Die Wes-Kaapse Provinsiale Tenderraad het die tender vir maatskaplike toelaes aan All Pay Western Cape toegeken. Hulle sal met ingang van 1 April 2000 in bedryf kom, en sal in Khayelitsha, Athlone en Bellville begin. [Tussenwerpsels.]

Dit is heeltemal korrek. Ek dink ons het almal daardie ondersteuning nodig indien daar een of twee kleiner probleme in die stelsel opduik. [Tussenwerpsels.] Maar die agb lid is heeltemal korrek.

Ek wil net een of twee voordele van hierdie stelsel noem. As 'n begunstigde 'n betaling misgeloop het, sal die maatskaplike toelae tot aan die einde van die uitbetalingsiklus by enige betaalpunt in die Wes-Kaap beskikbaar wees. Dit is 'n baie belangrike voordeel. Ten tweede sal alle onopgeiste voordele die volgende maand beskikbaar wees. Geen smouse of gelduitleners sal op die perseel van die betaalpunte toegelaat word nie. [Tussenwerpsels.] Ek weet nie wat buite die grensdraad sal gebeur nie. [Tussenwerpsels.]

Die volgende saak waarna ek wil verwys, is die herregistrasieprojek waardeur die databasis vir maatskaplike toelaestelsels bygewerk en die korrekte en akkurate inligting oor die 320 000 begunstigdes in die Wes-Kaap opgeteken word. Bedrog geniet aandag en word sover moontlik uitgeskakel. Alle ontvangers van ongeskiktheidstoelaes word deur 'n mediese beampte in diens van die Staat ondersoek. Die herregistrasieprojek word in fases bestuur en ingestel.

Ek wil ook 'n paar statistieke ten opsigte van hierdie proses verskaf. Die toelaes van 720 begunstigdes van die Atlantis-distrikskantoor is gekanselleer, terwyl die toelaes van 1 578 begunstigdes in die gebied van die Kaapstadse distrikskantore gekanselleer is. Hulle sal van die lys verwyder word. Die finale fase van die projek sal teen 31 Julie 2000 voltooi wese.

Iets wat my baie na aan die hart l - dit is 'n uitdaging vir die nasionale en provinsiale Kabinette - is die uitfasering van die staatsonderhoudstoelaes. Tans is daar 59 000 ontvangers van staatsonderhoudstoelaes in die Wes-Kaap. Die uitfasering van die staatsonderhoudstoelaes oor 'n tydperk van drie jaar het op 1 April 1998 in aanvang geneem. Met ingang van 1 April 2000 sal die derde vermindering in die staatsonderhoudstoelaes geskied. Dit is natuurlik 'n groot bron van kommer, want met ingang van 1 April 2001 sal staatsonderhoudstoelaes nie meer aan ouers en kinders gegee word nie. Dit sal deur 'n kinderondersteuningstoelaes vervang word, hoewel ek nie dink dat dit heeltemal vervang kan word nie. Die kinderondersteuningstoelaes sal slegs vir kinders tot op die ouderdom van 7 jaar geld, terwyl die onderhoudstoelaes tot op die ouderdom 18 gegeld het. Aangesien daar 'n bietjie geld van die nasionale kant beskikbaar is, sal ons moet kyk of ons die uitfasering van hierdie spesifieke program kan verleng. [Tussenwerpsels.] Ek hoop agb lede kan hierdie belangrike saak verstaan en begryp wat sal gebeur.

'n AGB LID: U kan dit nie wettig doen nie.
Die MINISTER: Me die Voorsitter, ek het nie ges dat ek wetgewing sou gebruik nie. Ek sal 'n beroep op die nasionale Minister doen en hoop dat hy sal begryp dat die meerderheid van 59 000 gesinne met ingang van 1 April 2001 nie enige inkomste sal h nie, want hulle sal nie in aanmerking kom vir die kinderondersteuningstoelae. Daardie toelae bedra slegs R100 en dit is vir die kind, tot op die ouderdom van 7 jaar, en nie vir die ouer nie. Wat gaan van ons tieners in skole word waar hul enigste inkomste die onderhoudstoelae is? Ons moet na die daarstelling van 'n veiligheidsnet vir daardie gemeenskappe kyk. In hierdie Begroting is daar slegs 'n bedrag van R500 000 beskikbaar, en dit kan ons net met die beplanningsproses help. Die nasionale Regering het 'n bedrag van R2 miljoen beskikbaar gestel vir die bemarking van die kinderondersteuningstoelae, maar daar is tans slegs 6 778 kinders wat vir die kinderondersteuningstoelae geregistreer is, in vergelyking met die 59 000 mense wat die onderhoudstoelae ontvang. Dit is 'n baie ernstige bron van kommer en ek hoop dat dit in die toekoms aandag sal geniet in die Huis.

Ek is nou amper daar! Ek wil net verwys na ons klintediens en een van die mikpunte wat ons ten opsigte daarvan gestel het. Ons wil alle nuwe aansoeke om maatskaplike toelaes binne 35 dae verwerk. Nadat ons die aansoek ontvang het, moet die mense hul geld binne 35 dae ontvang. Dit is 'n groot uitdaging. Tans slaag ons in 11 van die 13 distrikskantore. Daar is nog 'n agterstand van meer as 400 in die Bellville-kantoor. Die distrikskantore wat in Eersterivier, Guguletu en Caledon in bedryf gestel sal word, sal hopelik help om hierdie probleem te verlig.

Wanneer dit by bedrog en korrupsie kom, is daar 'n spesifieke inspektoraat in die Departement van Maatskaplike Dienste wat dit hanteer. Tot dusver is 22 amptenare by die departement aangekla vir beweerde betrokkenheid by bedrog. Nege van hulle is reeds ontslaan of het bedank, en twee het teen hul skuldigbevinding appl aangeteken. Die besparings in die 1997-98-boekjaar was R2,5 miljoen. In die 1998-99-boekjaar was dit R3,3 miljoen en in die 1999-2000-boekjaar kyk ons na 138 voorvalle en 'n moontlike bedrag van R600 000 wat daarby betrokke is.

Ek wil graag afsluit deur die tak geluk te wens omdat hulle werklik vennootskappe met die gemeenskap en NROs gebou het. Dit is regtig 'n uitmuntende manier om dit te benader en 'n mens kan leer uit hul ondervinding en die wyse waarop hulle te werk gegaan het. Distrikstransformasiekomitees is ook aangestel, wat bestaan uit lede van die gemeenskappe en die tak self. Ons moet hulle natuurlik in hierdie boekjaar versterk.

Me die Voorsitter, dit is 'n groot uitdaging, maar ook 'n groot voorreg om met hierdie tak geassosieer te word.

Die MINISTER IN DIE KANTOOR VAN DIE PREMIER: Me die Voorsitter, baie dankie vir die geleentheid om vandag oor 'n baie belangrike aspek, naamlik Armoedebestryding in die Wes-Kaap, te praat. Dit word tans deur die Departement van Welsyn geadministreer.

Laat my toe om agb lede se aandag vir 'n wyle te vestig op die toneel wat hom oor die afgelope twee weke in die Provinsiale Parlement ontvou het, een wat Jan Alleman met afgryse en weersin vervul, 'n scenario wat tekenend is van hoe daar op 'n gewetenlose wyse politiek bedryf word met mense se armoede. Om alles te kroon, probeer agb lede aan daardie kant van die Huis, en selfs Jan Swaap van toentertyd sal in staat kan wees om te s wie hulle is, hul kwaadwillige, persoonlike en venynige "Nat attack" op my regverdig deur - en nou moet ek die Afrikaanse uitdrukking gebruik - knaend te kerm soos 'n kat oor 'n derm oor die afwesigheid van 'n besigheidsplan vir die Lessenaar gemoeid met Armoedebestryding, in plaas daarvan dat hulle op die werklike kwessies konsentreer. Dit terwyl die hele land se armes, wat deur hulle op nasionale vlak regeer word, krepeer van ellende en mank gaan by gebrek aan noodsaaklike basiese dienste, voedsel, en so meer.

Net soos die nasionale Minister vir Welsyn en Bevolkingsontwikkeling sy huidige portefeulje - en ek plaas die klem veral op die welsynaspek van sy portefeulje - 'n paar maande gelede oorgerf het, so het ek ook vier weke gelede verantwoordelikheid aanvaar vir die baie belangrike portefeulje van Armoedebestryding in die Wes-Kaap. [Tussenwerpsels.]

Graag word agb lede se aandag gevestig op die inligting van die Departement van Welsyn wat vir my deurgegee is deur die amptenare. 'n Bedrag van R11,586 miljoen is deur die Nasionale Armoedebestrydingsfonds aan die Provinsie toegeken. Die fondse was direk deur die Onafhanklike Ontwikkelingstrust oorbetaal aan suksesvolle applikante van die provinsie. In totaal is 137 projekte befonds met die toekenning van fondse vir die 1998-99-boekjaar.

Dit dien vermeld te word dat ongeveer 46% van die bogemelde toekenning uitbetaal is aan projekte in die noordweste van die provinsie, die Karoo, die Klein-Karoo en die Mitchells Plain- en Wynberg-landdrosdistrikte. Ongeveer 1 299 werkgeleenthede is geskep, waarvan 78% deur vroue gevul is.

Die toekenning van die Nasionale Armoedebestrydingsfonds aan die Provinsie vir die 1999-2000-boekjaar is egter baie drasties verminder. Vir die 1998-99-boekjaar was genoemde bedrag, R11,586 miljoen, aan die Provinsie toegeken vir individuele projekte, maar vir die 1999-2000-boekjaar is slegs 'n bedrag van R5 000 aan die Provinsie Wes-Kaap toegeken. Dit is vir my totaal onaanvaarbaar as ons praat van kollektief saamwerk op nasionale sowel as provinsiale vlak om armoede te bestry.

Met inagneming van die vermindering in die toekenning van fondse vanaf die Nasionale Armoedebestrydingsfonds, wil ek graag agb lede se aandag vestig op die volgende aanhaling:

No political democracy can survive and flourish if the majority of its people remain in poverty - without land, without their basic needs being met and without tangible prospects for a better life. Attacking poverty and deprivation will therefore be the first priority of the democratic Government.

*Dit was die woorde van die voormalige President van die land, mnr Nelson Mandela, tydens sy Inhuldigingstoespraak op 29 Mei 1994.

Ek glo stellig dat as hy die afgelope paar dae se koerantopskrifte gelees het hy vandag bitter teleurgesteld moet voel. Ek haal slegs een opskrif aan uit Rapport van Sondag, 12 Maart 2000. Dit lui, "Staat se swak bestuur laat die armstes ly".

Ek het begrip en simpatie met die nasionale Minister vir Welsyn en Bevolkingsontwikkeling wanneer hy s, "Ek is verle oor die versuim." Ek wil byvoeg, ek is net so verle oor die afwesigheid van 'n besigheidsplan, maar ek wil dit kategories stel dat ek nie aandadig is aan die gebrek aan 'n besigheidsplan wat vir die Lessenaar vir Armoedebestryding daargestel moes word nie. Laat ek my daartoe verbind om die ontwikkeling daarvan te bespoedig. [Tussenwerpsels.]

Me die Voorsitter, ondanks die bestaan van die beste sakeplan en 'n moniterings- en evalueringsmeganisme vir armoedebestryding op nasionale vlak, word die armstes onder die armes steeds erg verwaarloos. [Tussenwerpsels.] Ek dink sommige mense moet hul koppe in skaamte laat sak. Hoe kyk ons die armes in die o terwyl ons hier in die Huis, die hoogste platform van wetgewing in die Provinsie, so hoogheilig beweeg en aandui dat daar sodanig vir die armstes van die armes omgegee word, soos wat kamstig uit die debatte van die afgelope tyd hier te voorskyn gekom het?

Ek stem saam, dieselfde mense, ons almal inkluis, wat ook vanuit 'n arm omgewing kom en armoede op sy beste ervaar het, het by die armstes van die armes 'n mandaat gekry om namens hulle op te tree en om namens hulle tot aksie oor te gaan. Hulle het jammerlik gefaal, en tog durf agb lede aan die anderkant van die Huis - en ook van hul meelopers, simpatiseerders, poefters en paaiers - om vir my in my persoonlike hoedanigheid aan te val omdat ek die moed van my oortuiging gehad het om op te staan en openlik te s, "Ja, daar bestaan nie 'n besigheidsplan vir die Armoedebestrydingslessenaar wat verlede jaar, 15 November 1999, tot stand gekom het nie."

*Ek herhaal wat ek verlede week ges het, miskien bestaan daar so 'n sakeplan in iemand se gedagteveld, en ek het simpatie daarmee en begrip daarvoor, ... [Gelag.] ... maar dit is beslis nie op papier nie. Ek kon SKOF dus nie daaroor inlig of hier staan en s dat daar 'n sakeplan is nie. Ek moes eerlik en openlik wees ter wille van die kiesers daar buite.

Daar word verder tot vervelens toe gehamer op die bedrag van R10 miljoen wat deur die Provinsie aan die Armoedebestrydingsportefeulje toegeken is, so asof dit ook nie vir die armes van die provinsie gegun word nie.

Me die Voorsitter, op 'n meer besadigde manier, en vir rekorddoeleindes, my Kantoor is tans besig om die proses vir die aanstelling van die konsultant wat die vorige Minister daargestel het, verder te voer. Ons gaan dit verder voer. Die proses word op my aanbeveling nie gestaak nie. Die onderhoude vir die pos sal binne die volgende twee weke gevoer word. Die opdrag aan die konsultant is, na aanleiding van die advertensie, om 'n struktuur daar te stel. Die persoon sal moet kyk na die funksie en die interdepartementele, intersektorale en multidissiplinre skakeling van die Armoedebestrydingslessenaar, om verder die beleid en riglyne vir Armoedebestryding daar te stel. Dit is steeds belangrik dat die konsultant aangestel moet word, aangesien die lessenaar nie tans oor die kapasiteit beskik om bogemelde werksaamhede uit te voer nie.

Die vertrekpunt van my Kantoor is dat armoedebestryding 'n funksie is wat deur alle departemente, onderling en kollektief, aangespreek behoort te word. Gemelde aanname dui dus daarop dat die Lessenaar vir Armoedebestryding op presies dieselfde basis en grondslag as die ander lessenaars in my Kantoor sal funksioneer, naamlik interdepartementeel, intersektoraal en multidissiplinr. Dit is 'n uitdrukking hierdie waarmee ek by die bosberaad aan die einde van Augustus 1999 na vore gekom het en waarvoor my personeel voorspraak gemaak het in hul onderskeie sakeplanne vir die ander lessenaars.

Dit is opmerklik hoe hierdie vertrekpunt van my deesdae op almal se lippe weerklank vind. Selfs die hele konsep van lessenaars is deur my en my personeel die Wes-Kaapse Regering ingedra. Baie mense het slimmer geword uit die inisiatiewe wat in die Kantoor van die Premier geneem is.

Dit bring my by die rol van die Armoedebestrydingslessenaar. Dit sal 'n rol wees van monitering en evaluering, projekidentifisering en projekontwikkeling, terwyl projekimplementering by die onderskeie departemente en eksterne rolspelers sal berus.

*Die voorgenoemde rol van hierdie Kantoor word voorts in die hand gewerk deur die inhoud van Hoofstuk 2 van die Kopenhagen Verklaring oor Maatskaplike Ontwikkeling, Uitwissing van Armoede, wat in 1995 in Kopenhagen opgestel is, net voor die Verenigde Nasies se Vierde Wreldkonferensie oor Vroue, waar armoedebestryding deur bykans alle geaffilieerde lede gedentifiseer is as die belangrikste aspek wat voorkeuraandag moet geniet. As agb lede hulself hiermee vertroud wil maak, kan hulle Hoofstuk 2 van die voormelde Verklaring oor Maatskaplike Ontwikkeling lees.

Mnr die Voorsitter, ons moet vir mekaar eerlik s dat daar geen eenvoudige oplossing vir die endemiese tragedie van armoede is nie. Elke faktor sal binne die konteks van sy invloedsfeer ontleed moet word.

Daar sal verder van die konsultant verwag word om sy bevindings na strategie te herlei ten einde die Wes-Kaapse Regering in staat te stel om te meet wat hy op die gebied van armoedebestryding bereik.

My Ministerie - en dit geld vir al die lessenaars - stel in meetbare resultate belang. Die feit dat daar in die Provinsie reeds 'n spesiale Lessenaar vir Armoedebestryding in plek is, gaan baie help om die aksieplanne te implementeer. Die voordeel van so 'n spesiale lessenaar is dat dit help om die fokus op belangrike aspekte te hou. Daar sal egter nou aandag aan die kapasiteitsaspek vir die struktuur geskenk moet word.

*Mnr die Voorsitter, ons stem almal saam dat die uitwissing van armoede algemene toegang tot ekonomiese geleenthede verg, wat volhoubare lewensonderhoud en basiese maatskaplike dienste sal bevorder, asook toegang vir die minderbevoorregtes tot geleenthede en dienste sal vergemaklik. Hierdie Kantoor sal onder meer op die volgende konsentreer:

-	Die daarstelling van beleidsoogmerke en meetbare teikens om ekonomiese geleenthede vir vroue en hul toegang tot produktiewe hulpbronne te verbreed, veral vir vroue wat geen bron van inkomste het nie.

-	Deur aandag te skenk aan die aksie, sal die ontwikkelingsprogramme vir die aanspreek van die opskorting van die onderhoudstoelaes wat, soos my kollega aangedui het, ook natuurlik aandag moet geniet.

-	*Die aanmoediging en ondersteuning van plaaslike gemeenskapsontwikkelingsprojekte wat die vaardighede, selfonderhoud en selfvertroue uitbou van mense wat in armoede leef, en wat hul aktiewe deelname aan pogings om armoede uit te wis vergemaklik.

-	Provinsiale staatsdepartemente sal versoek word om die uitwissing van armoede by hul visie- en doelstellings in te sluit, wat daartoe sal lei dat armoedebestrydingsprojekte deel uitmaak van die strategiese oogmerke van elke departement, asook van hul begrotings.

Di Kantoor sal verseker dat ontwikkelingsbeleid tot voordeel van laeinkomstegemeenskappe en plattelandse landboukundige ontwikkeling strek. Die beleid en programme wat in hierdie Kantoor geformuleer word, wat mense raak wat in armoede leef, sal respek h vir hul waardigheid en kultuur, en ten volle gebruik maak van hul kundigheid, vaardighede en hulpbronne. Di Kantoor sal ook toegang tot onderwys verseker vir alle mense wat in armoede leef, veral met betrekking tot versterkende onderrig en vaardigheidsopleiding op alle vlakke.

In hierdie verband moet ek vir agb lede s dat 'n afvaardiging van Beaufort-Wes gister hierheen gekom het. Hulle is verteenwoordigend van almal uit daardie omgewing, en dit sluit politieke partye in. Hulle het my Kantoor kom besoek om iets op die tafel te plaas in terme van hoe om die probleem op te los rakende die jeug wat die skool vroeg verlaat. Dit raak kinders wat byvoorbeeld houtwerk tot op st 8- of matriekvlak gedoen het, wat in 'n soort projek betrek kan word. Les bes, van provinsiale kant af sal ons moet konsentreer op werkskeppingsprogramme wat gerig is op huishoudings waar daar nie 'n broodwinner is nie.

Mnr die Voorsitter, ek dink daar is oor die afgelope tyd genoeg baklei, genoeg pionne geskiet en genoeg gif gespuug. Daar is genoeg negatiewe en destruktiewe kritiek oor die afgelope tyd gedentifiseer deur agb lede aan die anderkant van die Huis en, soos ek reeds ges het, hul poefters en paaiers en meelopers. [Tussenwerpsels.] Ek verwag dat daar in die toekoms nog baie gewag gemaak sal word oor waar die lessenaar eintlik geplaas moet word, wie dit eintlik moet bedryf en al die ou sinnelose gegorrel wat met sulke argumente gepaard gaan.

Mnr die Voorsitter, ek wil ten slotte s die tyd het aangebreek dat ons vir mekaar moet s dat hierdie Armoedebestrydingslessenaar nog soos 'n jong boompie is. Dit is so onlangs soos 15 November 1999 in plek gestel. Ons moet ophou hoor hoe die groot bome val en liewer stilstaan en luister hoe die klein boompies groei, soos hierdie lessenaar sal groei.

*Dr A E VAN ZYL: Mnr die Voorsitter, ek bring hulde aan dr Sutcliffe en me Petersen en haar span. Ek bedank hulle opreg vir hul harde werk en toewyding. Dit is vir my nie net aangenaam nie, maar ook 'n eer om hulle te ken. Ek wens ook die agb Waarnemende Minister van Maatskaplike Dienste geluk met sy nuwelingsbegrotingsrede en wens hom voorspoed toe.

Voorts bedank ek die agb lid mnr Marais veral omdat hierdie Begroting, asook al die werk vir armoedebestryding, per slot van rekening die gevolg is van sy toewyding, sy hartstogtelike toewyding, aan sy mense. [Tussenwerpsels.]

Tot relatief onlangs is die kwessie van die MIV/Vigs op 'n ongekordineerde wyse gehanteer wat uit tonnelvisie gespruit het en grootliks gegrond was op die foutiewe aanname dat MIV/Vigs 'n gesondheidsaak was, en dus liewer aan die gesondheidsdepartement en gesondheidsowerhede oorgelaat moes word. Die beperkinge van hierdie standpunt het stadig ingegee voor die erkenning dat die MIV-epidemie 'n ingewikkelde saak is wat alle sektore van die samelewing raak.

Die stigmatisasie en diskriminasie wat sinoniem met die siekte geword het, het dikwels hul oorsprong in vrees en onkunde. Dit is daarom kernbelangrik dat die aangeleentheid op 'n holistiese en doeltreffende, maar sorgsame, wyse hanteer word. In hierdie opsig het die NRO-sektor 'n belangrike rolspeler in die stryd teen MIV/Vigs geword.

In reaksie op die groeiende kommer oor die Vigs-epidemie het die welsynsektor op nasionale vlak 'n maatskaplike welsynsplan oor Vigs ontwikkel wat vyf strategiese fokuspunte het, en dit is: die ontwikkeling van 'n gepaste beleid; 'n afname in die voorkoms van MIV/Vigs deur doelgerigte voorkomende ingrypings; bestuur van die uitwerking van Vigs-bestaansbeveiliging; die ontwikkeling van bekostigbare gemeenskapsgebaseerde sorg- en ondersteuningsmodelle; en die formalisering van strategiese vennootskappe.

'n Beleidsdokument vir die Wes-Kaap is in 1997 opgestel in samewerking met alle groot belanghebbendes op die terrein van MIV/Vigs. 'n Strategiese plan van aksie, gegrond op hierdie beleidsdokument, is vir die departement saamgestel. Die belangrikste oogmerke hier is: ten eerste, om basiese MIV-opleiding vir al die personeel in die departement te verskaf; ten tweede, om omvattende MIV-opleiding vir alle professionele beradingspersoneel in die departement te verskaf; ten derde, om voorsiening te maak vir die deelname van verteenwoordigers van die departement aan 'n intersektorale MIV/Vigs en SOSD-komitee, met inbegrip van alle provinsiale staatsdepartemente, NROs en GGOs, ten einde 'n omvattende program daar te stel; ten vierde, om van inrigtings en programme wat deur die Provinsie gefinansier word, te verwag om nie toegang te onts aan diegene wat normaalweg in aanmerking sou kom vir hierdie inrigtings of programme bloot op grond daarvan dat die klint of inwoner MIV/Vigs het nie; en, laastens, om die beskikbaarheid van ongeskiktheidstoelaes te verseker vir diegene wat, omdat hulle MIV/Vigs het, hulself nie meer finansieel kan ondersteun nie.

Hoewel die eerste drie oogmerke hoofsaaklik die klem op departementele personeel en bedrywighede laat val, misken dit nie die departement se verantwoordelikheid ten opsigte van dienslewering aan persone wat met die siekte besmet is of daardeur geraak word nie. In terme van 'n nasionale ooreenkoms is die verantwoordelikheid vir kinders wat met die siekte besmet is en daardeur geraak word, dus aan die departemente van Gesondheid en Maatskaplike Dienste opgedra.

In hierdie opsig is 'n nasionale strategie ontwikkel. Hierdie raamwerk het in die eerste plek ten doel om te verseker dat die besmette en geaffekteerde kinders toegang het tot gentegreerde dienste wat aandag gee aan hul basiese behoeftes; ten tweede, om die stukrag te verskaf vir die ontwikkeling en inwerkingstelling van benaderings wat kinders, gesinne en gemeenskappe doeltreffend bemagtig en mobiliseer om baie van die gevolge van die siekte te bestry; en, ten derde, om 'n langtermynstrategie te ontwikkel wat Suid-Afrika toereikend vir verdere uitdagings sal voorberei.

Die departement subsidieer tans twee kinderhuise wat direk op MIV/Vigs-babas en -kinders konsentreer teen 'n eenheidskoste van R820 per kind per maand. Dit is die Beautiful Gates Home, waar 10 kinders vir finansiering goedgekeur is, en Nazareth House, waar 44 kinders vir finansiering goedgekeur is.

Ander kinderhuise laat egter ook kinders toe wat met MIV/Vigs leef, en ons wil eerder integrasie aanmoedig as isolasie in afsonderlike geriewe, tensy laasgenoemde absoluut noodsaaklik is.

NROs wat dienste aan mense lewer wat met die siekte besmet is of daardeur geraak word, word ook gesubsidieer. Tans word een NRO teen 'n koste van R50 914 gesubsidieer vir dienslewering aan mense wat met die siekte leef, wat die dienste van maatskaplike werkers en administratiewe assistente verseker.

Die proses om meer NROs betrokke te maak, was tot dusver taamlik stadig, want dienslewering op NRO-vlak is op diensterreine gerig. Met die inwerkingstelling van die nuwe welsynsfinansieringstelsel, wat die klem op 'n meer holistiese benadering plaas, behoort hierdie saak egter toereikend aandag te geniet.

Die ontwikkeling van bekostigbare gemeenskapsgebaseerde sorg- en ondersteuningsmodelle is 'n belangrike meganisme waardeur die uitbou van skakelnetwerke en dienslewering ondersteun word. Die Departement van Maatskaplike Dienste is tans 'n rolspeler op hierdie gebied, saam met die departemente van Gesondheid en Onderwys en NROs, en daar word tans debat gevoer oor 'n skakelnetwerkstelsel.

Aangesien die formulering van strategiese vennootskappe met ander rolspelers kernbelangrik is vir die aandryf van 'n omvattende, doelgerigte proses, neem Maatskaplike Dienste as 'n rolspeler deel aan die Suid-Afrikaanse Burgerlike Militre Alliansie. Die alliansie konsentreer tans op die opleiding en heropleiding van departementele personeel, met inbegrip van maatskaplike werkers.

Vanwe die feit dat Vigs tans nie 'n aanmeldbare siekte is nie, is dit ongelukkig egter nie bekend hoeveel ongeskiktheidstoelaes aan mense wat met Vigs leef, uitbetaal word nie.

Met die loodsing van die Interministerile Komitee oor MIV/Vigs onder voorsitterskap van die agb Waarnemende Minister van Maatskaplike Dienste is die verbintenis en samewerking van all die agb Ministers en provinsiale departemente verkry. Hierdie IMK sal egter nou deur die Provinsiale Vigs-komitee of PVK vervang word.

Mnr die Voorsitter, die loodsing van die Vroue Vennootskap teen Vigs-veldtog het op 8 Maart verlede jaar, op Internasionale Vrouedag, geskied. Die departement het 'n belangrike betekenisvolle rol in die sukses van die loodsing gespeel, wat deur 5 000 mense bygewoon is.

Net om agb lede te herinner, die Vroue Vennootskap teen Vigs maak deel uit van 'n bre program van voorspraak, opvoeding, voorkoming en behandeling. Dit as 'n nasionale program wat sy hoogtepunt in Kaapstad gehad het, waar hy deur President Mandela toegespreek is. Hierdie openbare gebeurtenis is gebruik om die program aan die gang te sit. Dit idee is dat ons sal voortgaan om die uitwerking van MIV/Vigs op vroue en die probleme wat hulle ondervind om veilige seks te beding, te beklemtoon. Dit maak nou 'n integrale deel uit van elkeen wat by die vennootskap betrokke was.

Hierdie optrede is egter nie genoeg nie en moet uitgebrei word. Ek wil die agb Minister en die departement dus versoek om aandag te gee aan die volgende aspekte: ten eerste, om die vermo van die gesin uit te bou en om toepaslike hulpbronne, dienste en ondersteuning toeganklik te maak ten einde gemeenskappe in staat te stel om hul weeskinders te ondersteun; ten tweede, om die mobilisasie van gemeenskappe te vergemaklik om 'n openlikheid omtrent MIV/Vigs te ontwikkel, sodat gesinne so gou moontlik toegang tot dienste kan verkry en skole, kerke, klinieke, dorpsontwikkelingskomitees en begrafnisvennootskappe by hierdie massamobilisasie betrokke kan raak; ten derde, om gemeenskappe in te lig oor die uitwerking van die Vigs-epidemie, en veral die weeskinders ...

*Die TYDELIKE VOORSITTER (Mnr D Silke): Orde! Die agb lid moet asseblief by haar slotsin uitkom.

*Dr A E VAN ZYL: Gemeenskappe moet ingelig en voorberei word om hulle in staat te stel om hierdie situasie te hanteer.

*Me L BROWN: Mnr die Voorsitter, ek moet vandag my toespraak in die Huis begin deur my te vereenselwig met die hulde wat in die Huis gebring is aan die amptenare van die Departement van Maatskaplike Dienste. Ek dink dit is die sesde jaar dat ek oor welsyn praat ...

'n AGB LID: U is 'n veteraan.

Me L BROWN: Ek is duidelik besig om 'n veteraan te word! Ek voel so sterk dat ek vanjaar trots hier kan staan en kan s dat die amptenare in hierdie departement dit deur baie stormagtige water bestuur het. Dit het weg beweeg van waar dit in ons eerste jaar in die Huis was, toe die departement deurtrek was met begunstiging van die ou apartheidsdae en 'n gefragmenteerde maatskaplike welsynstelsel wat op baie eng rassistiese gebruike gegrond was, moes administreer, tot vandag waar die departement na my mening begin het om te voorsien in die behoeftes van die armes en kwesbares.

Mnr die Voorsitter, dit is teen alle verwagtinge in gedoen. Ek onthou ook baie duidelik hoe lede van hierdie Huis die senior amptenare van hierdie departement met 'n groot gebrek aan respek behandel het, en hoegenaamd nie geglo het dat hulle in staat was, of selfs oor genoeg kundigheid beskik het, om hierdie departement te bestuur nie. Ons hoef maar net die SKOF-vergaderings wat ons gehou het, in herinnering te roep. Dit is direk in stryd met daardie agb lede se oortuiging dat swartmense en vroue nie die werk sou kon doen nie.

Mnr die Voorsitter, ek wil hulde bring aan die hele span, en meer spesifiek me Petersen, dr Terblanch - wat nie vandag hier is nie - me Follentine, mnr Van der Westhuizen, en oor die laaste twee of drie jare mnr De Grass. Ek wil ook graag dr Sutcliffe insluit, wat oor die afgelope jaar by ons was, en wat my daagliks daaraan herinner dat 'n mens in staat moet wees om sorgsaamheid en vriendelikheid te betoon ten einde doeltreffende en doelmatige bestuur te bewerkstellig, en dat dit 'n deel en 'n baie belangrike element van ons senior staatsamptenare behoort te wees. Al waaraan 'n mens ooit dink wanneer jy aan staatsamptenare dink, is mense met grys pakke, grys hare en 'n grys houding teenoor 'n mens.

Mnr die Voorsitter, dit was vir my 'n ongelooflik belangrike tydperk om saam met dr Tom Sutcliffe te kon werk. Ons moet hom bedank omdat hy aan die Provinsie gewys het dat ons aan die armes kan lewer en dat ons maksimumverteenwoordiging op alle personeelvlakke kan verseker. As 'n mens begin om mense wat die armes en di wat in die verlede opsy geskuif is, asook diegene uit landelike gebiede, in diens te neem in 'n departement of op terreine van dienslewering, begin jy sonder uitsondering om daardie programme en daardie departemente op die armes te rig. Selfs 'n mens se klintediens begin verander, want mense wat uit daardie gemeenskappe kom, kan daardie gemeenskappe nie maklik die rug toekeer nie.

Mnr die Voorsitter, hoe goed hierdie departement ook mag klink en begin om te lyk, daar is 'n paar aspekte waaraan ons moet aandag gee. Die eerste van hierdie aspekte, en die agb Minister het reeds daarna verwys, is die kwessie van onderhoudstoelaes. Hierdie kwessie is sleg verpolitiseer, en die Wes-Kaapse Regering moet probeer om dit op 'n ander manier te hanteer.

Die departement het ons meegedeel, en die agb Minister het ons dit vandag ook hier meegedeel, dat net 'n klein bietjie meer as 6 000 kinders na twee jaar kinderonderhoudstoelaes ontvang. Ons moet in gedagte hou dat die enigste mense wat voor 1994 onderhoudstoelaes ontvang het, bruines was, asook 'n paar blankes en Indirs. As slegs 6 300 kinders op die boeke is en toelaes ontvang, beteken dit dat daar 'n groot klomp mense is wat nie in die verlede ingesluit was nie en wat nie nou ingesluit is nie.

Mnr die Voorsitter, tydens die verkiesings was onderhoudstoelaes 'n baie gewilde saak. Elke keer as daar vrouegroepe was, het hulle ons ingeroep om oor die kwessie van onderhoudstoelaes te praat. Ons weet almal dat R100 'n baie klein bedrag is, maar R100 vir 'n kind is slegs een toewysing. Daar is 'n hele reeks ander departemente wat die lewe van daardie familie behoort uit te bou - dit is nie net die kinderonderhoudstoelae wat gegee behoort te word nie.

Ek gebruik altyd 'n brood as voorbeeld. As 30 snytjies een brood uitmaak, sou ek eerder aan 30 mense elkeen een snytjie brood gee as om aan drie mense 10 snytjies elk te gee. Dit is hoe ek hierdie onderhoudstoelaes beskou.

Ons moet daarom nie na die nasionale Regering gaan en s dat ons hierdie toelaes moet verleng nie. Ons moet eerder dink aan maniere wat werklik inkomste sal skep vir vroue wat toelaes ontvang het en probeer om 'n langtermynproses daar te stel vir vroue om toegang tot geld te verkry.

Mnr die Voorsitter, die nasionale Departement van Welsyn het R2 miljoen toegewys. Ons moet dit verstandig aanwend en uitgaan en die kinderonderhoudstoelaes bemark, sodat meer kinders in ons boeke opgeneem kan word, sodat ons ons op meer kinders kan toespits en kan verseker dat die baie armes hul R100 ontvang.

Mnr die Voorsitter, ek het dalk die datum verkeerd, maar die vlagskipprojekte waarna die agb Waarnemende Minister van Maatskaplike Dienste hier verwys het, is in die 1995-96-boekjaar begin; dit was loodsprojekte. Die feit dat die projek in Crossroads so goed werk dat mense wegstap met tussen R700 en R800 per maand, laat my dink dat ons daardie projek as 'n grondslag in ander gemeenskappe moet gebruik om meer inkomsteskeppende groepe te begin ontwikkel.

Ek dink nie dat dit die verantwoordelikheid van Welsyn alleen is nie; dit moet ook die verantwoordelikheid van ekonomiese ontwikkeling wees. Die probleem in Beaufort-Wes, byvoorbeeld, moet Landbou se verantwoordelikheid wees. Ons moet hierdie projekte na drie jaar oorhandig. Ons moet die fonds begin en die geld aan daardie groepe oorhandig; ons moet begin om lewensvaardighede te ontwikkel en hulle help om hul sakeplanne saam te stel; ons moet hulle help om deskundiges in boerdery, of wat ook al, te word, en dan moet daardie projekte deur 'n ander departement bestuur word. Landbou behoort die boerderybedrywighede te bestuur en dit behoort soos een van hul klein plase bedryf te word. As dit nie ooreenstem met hoe die departement besluit het 'n plaas moet lyk nie, is dit ook goed.

Mnr die Voorsitter, Katolieke Welsynsontwikkeling bestuur baie jare lank in hierdie provinsie 'n projek waar 'n mens 'n hele tuin in 'n "deur" kan h, wat enigiemand in staat stel om 'n groentetuin en vars groente te h. Ek dink dit is die soort kreatiwiteit wat hierdie departement nodig het om hulle te help met die ontwikkeling van 'n werklike strategie vir die verligting van armoede.

Na die Carte Blanche-program het die agb Premier van die provinsie die mishandeling van bejaardes as een van die swak elemente beskryf. Ons weet dat mishandeling van bejaardes in baie inrigtings voorkom, en ons weet ook dat mishandeling van bejaardes in ons huise en in die huise langsaan voorkom. Omdat ons uit 'n situasie kom ...

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Kyk hoe mishandel hulle my!

*Me L BROWN: Die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning laat alles ligsinnig klink. Dit is 'n baie ernstige probleem. In die interpellasie vandag het alle partye hul belang verklaar by die omgee vir bejaardes. Daar moet 'n manier wees waarop ons dit kan doen. Die Regering sou 'n Kabinetskomitee kon aanstel om aandag te gee aan sake rakende bejaardes. Ek s weer, dit kan nie slegs 'n welsynsprobleem wees nie - dit moet byvoorbeeld ook die probleem van die polisie word.

Mnr die Voorsitter, in die verlede, as 'n mens deur jou eggenoot geslaan is en die saak by die polisie aangemeld het, het hulle ges, "Dit is nie ons probleem nie; dit is 'n huishoudelike aangeleentheid." Die bejaardes moet almal se probleem word. Ek is seker niemand het gedink dat die mishandeling van bejaardes Landbou se probleem moet wees nie, maar dit moet wees omdat bejaarde plaaswerkers ook hierdie probleme ondervind.

Mnr die Voorsitter, as ons s dat dit 'n baie slegte element is hierdie, moet ons die daad by die woord voeg en 'n komitee aanstel wat sal verseker dat ons 'n ander en baie meer holistiese benadering ten opsigte van bejaardesorg in hierdie provinsie het. As die departement nie met wetgewing vorendag kom om aandag te gee aan hierdie saak nie, is ek van plan om met 'n privaatlidvoorstel te kom sodra die Huis weer sit.

Nog 'n saak wat aandag moet geniet, is die bestuur van die tehuise vir bejaardes. Hierdie inrigtings is nie gentegreer nie, en tensy ons iets baie soortgelyks aan die Wetsontwerp op Gesondheidsgeriewe het om hierdie departement te bestuur, sal ons nie vir die bejaardes kan sorg nie.

*Mnr A R WINDE: Mnr die Voorsitter, ek wens ook die voormalige Minister van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding, asook die agb Waarnemende Minister van Maatskaplike Dienste geluk met die Begroting wat vandag voor ons dien, asook met die baie noodsaaklike diens wat hulle lewer. Ek wil hulle ook bedank vir die voorleggings wat hulle aan ons in SKOF en aan die Staande Komitee oor Maatskaplike Dienste, Kantoor van die Premier en Korporatiewe Dienste gemaak het. Ek begryp die druk waaronder die departement gewerk het met die verandering van die Ministers in 'n tydperk toe die Begroting verfyn en ingedien moes word.

Soos aan ons in die staande komitee verduidelik, is dit juis hierdie omstandighede wat gelei het tot die vertraging in die besteding van R10 miljoen wat vir armoedebestryding geoormerk is. Hierdie geld het in November verlede jaar beskikbaar geraak en die destydse Minister van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding het 'n proses in werking gestel vir die aanstelling van konsultante om 'n sakeplan op te stel oor hoe hierdie geld ten beste bestee kon word. Die sakeplan sou dan vir goedkeuring aan die Kabinet voorgel word.

Daar is geadverteer vir konsultante, maar voordat die onderhoude kon plaasvind, is die Minister van sy verpligtinge onthef, wat gelei het tot die staking van of vertraging in die onderhoudsproses. Die agb Minister in die Kantoor van die Premier, wat die verantwoordelike Waarnemende Minister is, het ons verseker dat die proses weer op koers is en ons sien daarna uit om mettertyd van die uitslag te verneem.

Mnr die Voorsitter, dit is die armstes onder die armes wat ly wanneer hierdie vertragings voorkom. Ek is seker dat 'n iedere en elke agb lid van hierdie Huis sou saamstem dat lewering aan die mense van hierdie provinsie wat nie oor kos of skuiling beskik nie, nie in die lug kan bly hang terwyl ons administratiewe en bestuursprobleme uitstryk nie.

Nadat ek die ANC oor die begrotingsproses van die afgelope paar weke dopgehou het, het dit my laat wonder hoe hulle hul eie nasionale Minister vir Welsyn en Bevolkingsontwikkeling hanteer, wat nie geld bestee het wat toegewys is aan die armste onder die armes nie. In hierdie selfde Huis het die agb ANC-lede ges dat hulle die kop van die agb Minister sou eis vir hierdie onbestede R10 miljoen. Hoewel ek aan rekenpligtigheid en verantwoordelikheid glo, glo ek ook dat mense wat in glashuise woon, nie klippe behoort te gooi nie.

Mnr die Voorsitter, die nasionale Departement van Welsyn het in gebreke gebly om nie R10 miljoen nie, maar R353 miljoen van die R450 miljoen wat in die 1998-99-boekjaar begroot is, te bestee. Daar was nie lewering ten opsigte van armoedebestryding, kinderondersteuning en verbeterings aan die toelaestelsel nie. Die belangrikste ongevalle was dus onder Suid-Afrika se mees behoeftige mense - die armstes onder die armes. Ek wonder of die agb ANC-lede van hierdie Huis die kop eis van f die huidige nasionale Minister van Welsyn, f die voormalige Minister van Welsyn, Geraldine Fraser-Moleketi?

Die opmerkings wat deur Margaret Donga van die opposisie in Robert Mugabe se sogenaamde demokratiese regering gemaak is, het begin eg klink toe sy ges het, "As jy vir 'n lang tyd in Afrika wil regeer, moet jy jou arm mense arm hou." 'n Mens wonder of dit inderdaad ANC-beleid is.

Mnr die Voorsitter, hierdie departement moet baie druk van die gemeenskap hanteer. Een van hierdie vorme van druk blyk die agb lid me Brown, asook vir my, baie na aan die hart te l, naamlik die lot van straatkinders in ons provinsie en in ons land. Met toenemende verstedeliking en werkloosheid het ons sedert 1994 in hierdie land meer as 1 miljoen werkgeleenthede verloor, wat tot verhoogde armoede gelei het.

Alkoholmisbruik, mishandeling binne die huwelik, misdaad en baie ander faktore veroorsaak 'n kommerwekkende toename in straatkinders. Dit gaan net vererger word deur die bykans 2 000 daaglikse Vigs-infeksies in hierdie land, wat sal lei tot baie meer kinders sonder ouers wat uiteindelik op straat sal eindig. Hierdie kinders raak dan by misdaad betrokke ten einde te oorleef. Hulle woon nie skool by nie en kan dus nie op hul beurt 'n beter gemeenskap bou of eens in staat word om by te dra tot die gemeenskap nie, en sal uiteindelik 'n las word.

Mnr die Voorsitter, hierdie departement moet dan verantwoordelikheid vir hierdie kinders aanvaar en dit doen met 'n begroting wat in rele terme krimp. Dit is soos om teen 'n sandduin op te klim - een tree vorentoe en twee tre terug. Dit was vir my aangenaam om die agb Minister se verslag oor die suksesse van die departement te hoor, en dit is goed om te hoor dat hulle 'n verskil maak.

Nog 'n bron van kommer is die hofsaak rakende die All Pay-stelsel waar Telkom die tender vir die uitbetaling van die staatsonderhoudstoelaes en die kinderonderhoudstoelaes verloor het. Ek sou die agb Minister wou versoek om ons nie net ingelig te hou ten opsigte van die vordering van die saak nie, maar om die opmerking te ondersteun wat gister deur die agb lid me Brown in die staande komiteevergadering gemaak is. Sy het aan die hand gedoen dat die departement 'n gebeurlikheidsplan moet h indien die saak tot gevolg sou h dat Absa die kontrak verloor en daar 'n vertraging in die uitbetaling van toelaes aan die begunstigdes sou wees; hierdie mense kan dit nie bekostig nie.

Die departement het baie ander toenemende laste. Soos ek dit sien, sou die enigste manier om aandag aan die probleem te gee, wees om die welsynsbegroting van die Provinsie of die land te vergroot. Deur 'n geleentheid vir alle Suid-Afrikaners te bied om self bemagtig te word, erken ons in die DP dat Suid-Afrika oor die afgelope vyf jaar wesenlike vordering gemaak het in die rigting van 'n meer vrye, meer lewenskragtige ekonomie. Ten spyte van die deugsame ekonomiese raamwerk wat geskep is, lewe miljoene Suid-Afrikaners in uiterste armoede en, soos ek ges het, meer as 1 miljoen mense het sedert 1994 hul werk verloor.

Mnr die Voorsitter, groot dele van die bevolking word in 'n siklus van armoede en marginalisasie vasgevang. Die mees suksesvolle lande en streke van die wreld is di wat in staat was om gesonde ekonomie te handhaaf en uit te bou, terwyl hulle ook aan hul armste en swakste burgers toegang gebied het tot geleenthede om sukses te behaal. Ons moet nou daardie geleenthede skep, en sodoende sal ons die druk op hierdie departement verlig.

As ons dit nie doen nie, sal ons uiteindelik iedere en elke jaar vir meer en meer geld vra, of miskien sal ons oorbestee op ons welsynsbegroting, soos die Oos-Kaap met R184 miljoen gemaak het, of KwaZulu-Natal wat ten bedrae van R188 miljoen oorbestee het. Ons moet hierdie geleenthede skep, of ons sal meer en meer hartseer, verlore en behoeftige gesigte op meer en meer van die mense van ons provinsie sien.

*Me M G VANTURA: Mnr die Voorsitter, die grootste geskenk wat iemand aan hierdie land kan gee, is om deel te wees van 'n Suid-Afrika waar ons 'n tuiste, 'n gemeenskap en 'n wreld kan skep waarin alle kinders veiligheid, ondersteuning en liefde kan ervaar. Ek is seker dat die Departement van Maatskaplike Dienste die beste skuilings, weeshuise, crches en plekke van veiligheid vir kinders verskaf.

Die enigste kommerwekkende faktor is die monitering van voorvalle van kindermishandeling in daardie inrigtings. In baie gevalle word 'n kind se woord nie ernstig opgeneem nie, of hulle word dikwels tot leuenaars verklaar as hulle praat. Volwassenes kan selfs jare lank probeer om voorvalle van mishandeling toe te smeer om die goeie naam van die inrigting te behou. Volwassenes kan ook hul frustrasie baie maklik op daardie hulpelose kinders uithaal of hul mag oor hulle uitoefen. Daarom dink ek dat daar 'n ernstige behoefte bestaan aan deurlopende monitering van daardie inrigtings om te verseker dat ons kinders veilig is en goed versorg word.

Mnr die Voorsitter, ek het mense tegekom wat my vertel het van inrigtings waar hierdie voorvalle geskied, maar hulle weier om briewe te skryf of 'n bedigde verklaring af te l wat hierdie voorvalle bevestig. Ek dink egter dat ons tot die kern daarvan moet deurdring.

Die gentegreerde ontwikkelingsbenadering wat die departement nastreef, kan die lewens van kinders versterk en uitbou, en ook tot kostedoeltreffende dienslewering lei.

Die klintediens, met sy oogmerk om 'n omvattende, gepaste en bekostigbare maatskaplike diens te bestuur deur die vestiging van distrikskantore in vennootskap met belanghebbendes, klink baie opwindend. Saam met hierdie diens moet 'n nuwe kategorie werkers in maatskaplike ontwikkeling opgelei, onderrig en herontplooi word om te reageer op die werklikhede van die huidige Suid-Afrikaanse maatskaplike welsynstoestande.

Mnr die Voorsitter, arm mense in ons gemeenskappe is baie jare lank onderwerp aan onsimpatieke burokrasie en vooroordeel as hulle hulp nodig gehad het. Ek is daarvan bewus dat die departement wonderlike werk verrig in die uitwissing van daardie gebruike wat 'n negatiewe uitwerking kan h op die reeds arm en gemarginaliseerde gemeenskappe, wat kan lei tot verdere vernedering en die selfbeeld van die armes kan raak.

Ons moet 'n beleid oor Vigs-weeskinders ontwikkel en nie vir die ramp wag om aan ons deur te klop en dan te hoop dat dit sal weggaan nie. Ons het die instelling van 'n duidelike beleid nodig oor tuisgebaseerde of gemeenskapsorgdiens vir mense wat met MIV/Vigs besmet is of daardeur geraak word. Die NROs en GGOs wat reeds daar buite is, moet versterk en finansieel en materieel bygestaan word met hierdie probleme waarvoor ons te staan kom.

Mnr die Voorsitter, ek is seker dat daar duisende mense in die provinsie is wat graag kinders sou wou aanneem, maar soms skrik die prosesse en die rompslomp wat mense moet deurmaak, hulle heeltemal af. Programme en veldtogte soos hierdie sou nie net aan weeskinders die tweede kans op 'n gesinslewe bied nie, maar dit sou ook die finansile las op die Staat verlig en 'n meer sorgsame gemeenskap ontwikkel.

Armoede het 'n uitwerking op alle dele van die lewens van kinders uit arm gesinne, byvoorbeeld om nie ten minste een voedsame maaltyd per dag te h nie; om in 'n oorvol huis te woon; om nie geld vir skoolgeld te h nie; miskien 'n ouer wat tot mishandeling en alkoholisme geneig is; en die kanse is baie goed dat so 'n kind 'n kinderprostituut word. Armoedebestryding gaan ook oor aandag aan die probleme waarvoor kinders in hul daaglikse lewens te staan kom.

Die getal veeldoel-sentrums, veral di in die 100 armste gemeenskappe in die provinsie, moet werkaansporingsprogramme h en nie net diensklubs wees waar mense twee maal per week bymekaarkom om sosiaal te verkeer nie.

Mnr die Voorsitter, daar is baie geboue in die provinsie wat in staatsbesit is, wat leeg staan en besig is om te verval. Waarom kan geboue soos die een in Elsiesrivier - voorheen 'n skool vir meisies - die Woodstock Hospitaal, die ou Vasco Kliniek en die Khayelitsha Weeshuis nie in 'n vennootskap met NROs deur die departement gebruik word nie?

Ons het nie meer geld nodig nie; die geboue is daar. Hulle moet gebruik word om 'n diens aan die armes te lewer en om daardie spesiale programme te ontwikkel wat die departement wil verskaf om aandag te gee aan spesifieke behoeftes in die gemeenskappe. Dit moet geloods word in oorlegpleging met belanghebbendes en gemeenskappe.

Ek hoop ook dat die agb Waarnemende Minister van Maatskaplike Dienste die finansieringsverbintenis sal nakom wat teenoor die Elukhuselweni Tehuis in Khayelitsha gemaak is.

Mnr die Voorsitter, ek wil graag afsluit deur te s dat die Konvensie op die Regte van die Kind in 1997 opgestel is. Ons moet nog baie doen ten opsigte van die inwerkingstelling van daardie regte. Ek sou ook saamstem met die daarstel van forums vir kinders waar hulle die geleentheid sal h om hulself uit te druk oor sake wat hul daaglikse lewens raak. Die boublokke is gereed en nou moet die huis gebou word waarin ons kinders sal woon, leer en opgroei as die toekomstige burgers van Suid-Afrika.

*Mnr M LOUIS: Me die Voorsitter, ek neem baie graag aan hierdie debat deel, in die lig daarvan dat u ges het dat u dalk 'n veteraan op die terrein van welsyn kan wees. Wat die ACDP betref, kan ek werklik s dat ons nog altyd hartstogtelik was oor die lot van vroue en kinders.

In hierdie verband wil ek graag my opregte gelukwense betuig teenoor me Petersen, me Follentine, dr Sutcliffe en die hele departement, want ons kan werklik 'n mate van vordering hier sien, en ons is baie trots daarop. Ons wens die agb Waarnemende Minister van Maatskaplike Dienste en die agb Waarnemende Minister van Armoedebestryding goeie gesondheid en voorspoed toe met hierdie baie belangrike portefeuljes.

Ek wil hierdie debat graag benader op wat dalk 'n ander wyse kan wees. Die bedrag van R2,2 miljard wat vir Gesondheid en Welsyn begroot is, is 'n klomp geld, maar hierdie Begrotingspos word altyd as 'n soort onderhoudsbegroting gesien. Die rede waarom ek dit s, is dat indien 'n mens na die toename oor die afgelope vyf jaar in hierdie departement kyk, jy sien dat daar vanjaar weer eens slegs 'n 2,67%-groei is, en dat die geld wat elke jaar aan sekere afdelings toegewys is, baie konstant was.
Ek het 'n probleem met daardie deel van ons begrotingsproses, want hierdie departement het nog altyd meer geld nodig gehad. Dit klink belaglik, maar met inagneming van die feit dat meer as R1 miljard aan onderhoudstoelaes gaan, glo ek werklik dat die Regering begrotings op 'n ander wyse moet benader, nie slegs uit die oogpunt van onderhoud nie. Ons moet kyk waar ons prioriteite l en waar die meeste geld bestee behoort te word.

In hierdie departement moet die klem op 'n sekere gebied geplaas word. Ek wil teenoor die twee agb Waarnemende Ministers aan die hand doen dat die een aspek wat nie werklik tydens die SKOF-vergadering en in ons wisselwerking na vore gekom het nie - miskien was daar 'n lugleegte, of dit is ten minste hoe ek dit verstaan het - die hele element van fiskale en finansile rekenpligtigheid was. Ek s nie dat daar fondse wegraak nie, maar terwyl Gesondheid en Onderwys op groot skaal ingegaan het op fiskale en finansile beheer rakende groot bedrae geld, lyk dit asof hierdie departement nog nie daardie stadium bereik het nie.

Dit is waarom dit vir my so aangenaam is om te sien dat hierdie departement in die rigting van monitering en evaluering beweeg, en meer prestasiegerig raak, in plaas van om bloot geld aan die armes, aan gesondheidsorg, en so meer, te gee. Dit is ook waarom ek so bly is oor die agb Minister se aankondiging vandag oor die diensvlakooreenkomste, wat prestasiegerig is.

Ons het byvoorbeeld 616 ontwikkelingsentrums vir jong kinders en 151 gemeenskapsentrums, en ons bestee R88 miljoen net aan dienste vir bejaardes, met inbegrip van R76 miljoen aan die 140 bejaardesorgsentrums en R11 miljoen aan gemeenskapsentrums vir bejaardes. Dit is duidelik nie goed genoeg om net geld aan hulle te gee nie. Ons moet sien dat daar waarde vir die geld is wat daarin gaan, want dit is 'n klomp geld.

Dit is my bydrae rakende die ingesteldheid van fiskale en finansile prestasie wat ons graag wil sien dat hierdie departement moet aanneem. Dit is 'n geweldige uitdaging en ons wil graag sien hoe die departement in hierdie opsig vaar.

Ten tweede wil ek graag s dat die ANC oor 'n lang tydperk besorg was oor die lot van die kinders, en dit is waarom die hele kwessie van die Kommissaris vir Kinders 'n baie belangrike een geword het. As ek reg onthou, het die agb Minister aangekondig dat hy die Kabinet mre sou nader oor die kwessie van die Kommissaris vir Kinders. Daar is so baie navrae wat by ons kantore aankom oor die lot van die kinders en daar is soveel verskillende NROs om te kontak, maar daar is nie 'n sentrale kommunikasiepunt nie. Ons glo dat dit 'n integrale deel moet wees en wil graag sien dat dit vergemaklik word.

Die agb Minister het my Dinsdag geantwoord oor jeugmisdadigers in tronke. Sy antwoord was dat jeugmisdadigers, sodra hulle die gevangenis verlaat, na die welsynsorganisasies teruggestuur word en dat hierdie departement, wat seksueel gemolesteerde kinders betref, glo dat die gesin die kernbelangrike element is en is waar alles moet gebeur. Selfs al moet ek in 'n sekere mate met hom saamstem, is die gesin in party gevalle die plek waar die probleem grootliks begin.

Ek dink nie dit is goed genoeg dat ons net hierdie kinders terugstuur na welsynsorganisasies nie. Daar moet monitering wees om te sien hoe ons ouers kan toerus en opvoed om na hierdie kinders te kyk. Uiteindelik, as ons goeie gesinne en goeie individue het, sal ons goeie dorpe, goeie provinsies en 'n wonderlike nasie h. [Tyd verstreke.]

*Me T ESSOP: Me die Voorsitter, toe ek probeer het om die besonderhede van die Subprogram: Armoedebestryding te ontrafel, het ek myself die vraag afgevra of ons met 'n lessenaar of 'n direktoraat besig was. Uit die algehele gebrek aan inligting oor die saak, het dit egter duidelik geword dat dit nie 'n lessenaar was nie, en ook nie 'n direktoraat nie, maar inderdaad 'n towertapyt - 'n towertapyt wat doelloos rondsweef, want Aladdin is ontslaan en die Gees het verdwyn. Ons sit nou met Aspoestertjie, hierdie arm stiefkind in die Kantoor van die Premier, wat probeer om die ontwykende en baie duur towertapyt - R10 miljoen om presies te wees - te gryp en dit in 'n onbekende rigting te stuur. Anders as in die feverhaal, me die Voorsitter, kon hierdie Aspoestertjie nie die glasskoen in die hande kry nie. Sy beskik eenvoudig nie oor die inisiatief nie.

Kom ek s aan die Huis in watter opsig sy nie oor die inisiatief beskik nie. Myns insiens sou 'n goeie prestasiemaatstaf haar eie verklaarde oogmerke oor die afgelope twee jaar in hierdie Huis wees. Kom ek haal uit Hansard vir die tydperk aan. Op Dinsdag, 18 November 1998, in reaksie op 'n vraag deur u, me die Voorsitter, oor haar program oor geslagsgelykheid, is dit haar program hierdie, en ek haal aan uit Hansard: Wes-Kaap, Interpellasies, Vrae en Antwoorde, 18 November 1998, deel 9, kol 658:

 die daarstelling van 'n provinsiale geslagsgelykheidskommissie wat aksies en projekte kan onderneem ter verwesenliking van geslagsgelykheid;

 die daarstelling van 'n hulplyn om persone wie aan geslagsdiskriminasie blootgestel word, te hulp te snel; en

 die loods van bewusmakingsveldtogte ten einde 'n kultuur van geslagsgelykheid te bevorder.

Sy s voorts dat daar natuurlik nie in daardie jaar 'n begroting aan haar gegee is nie, maar, en ek haal aan op kol 659:

	Daar sal in die 1999/2000 finansile jaar vir hierdie program begroot moet word. ... 'n Gebrek aan fondse plaas egter nie 'n demper op die bevordering van die geslagsgelykheidsprogram nie en deur bestaande personeel aan te wend het die beplanningsfase reeds 'n aanvang geneem.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Haal u nog steeds aan?

*Me T ESSOP: Ek haal nog steeds aan.

Me die Voorsitter, die 1999-2000-boekjaar het gekom en gegaan. Ons het so pas 'n oorsig tydens hierdie fase van die 1999-2000-boekjaar gehad en, vir die inligting van die Huis, niks is gelewer nie! [Tussenwerpsels.] Ek het aangehaal wat sy in 1998 ges het.

In haar 100-dae visietoespraak in September 1999 het die agb Minister in die Kantoor van die Premier, nadat sy weer eens 'n groot magdom woorde aanmekaar geryg het - blote retoriek - ges dat sy oor die stigting van fokuseenhede gepraat het. Di fokuseenhede sou verantwoordelik wees vir geslagsoudits, en so meer. [Tussenwerpsels.]

Sy het toe voortgegaan om te s dat die departemente verplig sou wees om met ontbondelde inligting oor die saak te werk. Sy het ook ges dat alle departemente teen die einde van die jaar - dit was 1999 - fokuseenhede sou h en toe, me die Voorsitter, het sy voortgegaan om te s dat 'n geslagsoudit aan die gang was. Daardie geslagsoudit sou aan die begin van Oktober 1999 voltooi wees. Die uitslag van die geslagsoudit sou teen Februarie vanjaar aan ons beskikbaar gestel word.

Sy het boonop ges, en ek haal aan uit Hansard: Wes-Kaap, 6 September 1999, deel 2, bl 137:

	Verder sal aandag geskenk word aan 'n ondersoek na die effektiewe aanwending van fondse wat reeds spesifiek aan die veld van gestremdheid toegewys is.

Me die Voorsitter, die agb Minister het gepraat oor die doelmatige aanwending van fondse! Sy het egter R1 miljoen uit haar eie begroting in die 1999-2000-begroting bespaar, omdat die agb Minister, volgens die amptenaar wat hierdie voorlegging aan ons in die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe gemaak het, nie oor 'n sakeplan beskik het nie. Goed!

Kom ons gaan oor na die Lessenaar vir Gestremdes. Sy het ges dat daar 'n Lessenaar vir Gestremdes sou wees en ons verstaan dat daar een is. In die toekoms sou hulle nog twee lessenaars stig. Hulle het blykbaar twee verdere lessenaars gestig. [Tussenwerpsels.]

Agb lede moet egter hierna luister. Sy het ges, en ek haal aan op bl 138:

	... sal 'n omvattende databank van dienste en hulpbronne op die terrein van gestremdes daargestel word ... -

raai waar! -

	... in die vorm van 'n netwerk op die Internet.

Me die Voorsitter, agb lede sal dit nie glo nie! Ek het vandag die Internet-webblad besoek - dit wil s, die bladsy van die Internet-webblad - en, waarlik, die naam van die agb Minister in die Kantoor van die Premier verskyn nie eens op die Internet-webblad van die Kantoor van die Premier nie! Om die waarheid te s, ons het items soos die agb Premier se boodskap - "Stadig en seker is die Morkel-manier". [Gelag.] Miskien, me die Voorsitter, bedoel hulle eintlik, "Stadig en onseker is Freda Adams se manier".

Op 2 November 1999 het die agb Minister, in reaksie op 'n vraag deur die agb lid mnr E Isaacs oor fondse vir programme en projekte vir gestremdes, na "die daarstelling van 'n databasis", "die gentegreerde Wes-Kaapse Strategie oor Gestremdheid", "'n braille-uitsetdiens of oudio-kassetopnames", "gebaretaal tolkdienste", en so meer, verwys. Sy het in Februarie vanjaar dieselfde ges.

Me die Voorsitter, miskien klink dit ligsinnig, maar ek maak die punt dat wat my die bangste maak oor die nie-lewering van daardie agb Minister die feit is dat hulle aan haar 'n begroting van R10 miljoen vir armoedebestryding oorhandig het - dit aan 'n agb Minister wat die mees kwesbare en gemarginaliseerde dele van ons samelewing hanteer, diegene wat die belangrike slagoffers is wat armoedebestryding nodig het! Sy was nie in staat om te lewer in die portefeuljes van vroue, die jeug en die gestremdes nie. Die agb Premier het R10 miljoen op 'n skinkbord oorhandig aan 'n nie-lewerende agb Minister om Armoedebestryding te hanteer.

Die agb Minister het gevra hoe ons haar in die o kan kyk. Ek wil haar vra of sy in haar eie kiesafdeling - die agb Minister van Plaaslike Regering het ges dat 32% van die armste behoeftige gebiede in die Mitchells Plain-landdrosdistrik voorkom - aan die armes sal kan s wat sy vir hulle doen. Sal sy kan s dat sy besig is met die ontwikkeling van 'n intersektorale, interministerile, multi-dissiplinre beleidsontwikkelingsprogram om aandag te gee aan hul armoedebehoeftes en dat sy miskien 'n oudit sal uitvoer om te bepaal wat hierdie behoeftes is? [Tussenwerpsels.] Ek wonder of daardie arm mense in Mitchells Plain dit sal kan verwerk.

Me die Voorsitter, wat ons nou nodig het, is nie die aanstelling van nog 'n konsultant nie, en ook nie die ontwikkeling van 'n sakeplan wat, in die lig van die stadigheid van ons burokrasie, drie tot vier of moontlik ses maande sal duur om te voltooi nie. Wat ons nou nodig het, is die gebruik van daardie geld in departemente wat reeds betrokke is by armoedebestrydingsprogramme. Ons het vandag gehoor dat die agb Minister 'n paar aankondig. Die Departement van Maatskaplike Dienste het 'n baie goeie geskiedenis van lewering in daardie soort programme. Soos u vroer in u toespraak ges het, me die Voorsitter, ons kan dit doen in die departemente van Landbou, van Ekonomiese Sake en van Onderwys. Hulle het die geld nodig, maar ons het nogtans aan 'n agb Minister van baie stadige lewering en nie-prestasie 'n begroting van R10 miljoen gegee.

Ek beskou dit as vermetel van die agb Minister in die Kantoor van die Premier om hier op te staan en te s dat ons dit verpolitiseer, vra of ons die arm mense in die o kan kyk en beweer dat die nasionale Regering nie die geld kon bestee nie. Ons is besig om die provinsiale Begroting te hanteer. Ons is rekenpligtig vir die provinsiale Begroting. Provinsiale Ministers moet rekenskap gee van hul geld, nie van nasionale Ministers se geld nie.

Sy moet politieke speletjies buite hierdie Huis speel. Hier moet sy aan ons s wat sy besig is om te doen. Sy het nie planne vir haar eie portefeulje voorgel nie. Sy kon nie enige planne voorl nie, selfs nie eens enige idees nie. Ons het druk op haar probeer uitoefen om haar moontlike gedagtes oor die saak met ons te deel. Sy kon dit ook nie doen nie.

Ons weet dat die Aspoestertjie in 'n padda kan verander omdat daar nie lewering aan die armstes onder die armes in hierdie provinsie gaan wees nie. Ons moet hierdie portefeulje van die agb Minister in die Kantoor van die Premier wegneem as ons ernstig is omtrent armoedebestryding. Om die waarheid te s, al haar portefeuljes behoort van haar weggeneem te word en aan ander mense gegee te word om te hanteer, want hulle is dwarsleggend. Al wat nodig is - kom ek gebruik haar eie woorde - is 'n interministerile, interdepartementele Kabinetskomitee. Daar is nie 'n behoefte aan 'n Minister in die Kantoor van die Premier wat 'n groot salaris verdien en wat selfs op hul webblad swyg, nie. [Toejuiging.]

*Mnr E ISAACS: Me die Voorsitter, ek wil graag van my hooftoespraak afwyk en s dat ek vandag baie trots is om deel van die Huis uit te maak, bloot vanwe die uitsprake oor die lot van die armes. Ek is ook baie gelukkig om deel van die Huis uit te maak nadat ek gehoor het hoe agb lede hul sorg en kommer oor die lot van die armes uitgespreek het.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Mnr E ISAACS: Ek glo vas dat 'n mens nie 'n gelowige kan wees as jy iets het om te eet en jy nie bekommerd of besorg is oor 'n arm broer of suster of moeder daar buite wat honger is nie.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Mnr E ISAACS: Me die Voorsitter, in die verlede het ons oor welsyn gepraat; deesdae praat ons van maatskaplike dienste op 'n ontwikkelingsgerigte manier. Die klem in ons mense se ontwikkeling is om hulle selfonderhoudend te maak, eerder as bedelaars in 'n sopkombuis.

Hoewel 'n welsynsbegroting in die Wes-Kaap aan ons toevertrou word, is ons inderdaad bloot 'n administratiewe uitbreiding van nasionale beleid. Die hele bestaansbeveiligingsbeleid is nasionaal geformuleer en word op eenvormige vlakke regoor die land befonds.

Ons moet nietemin die nasionale Regering uitdaag oor sake soos die middeletoets, wat die pensioene van mense wat ekonomies aktief bly, dramaties verminder. Ons het nie die reg om die lewensgehalte van pensioentrekkers onder die minimumbestaansvlak vas te stel nie.

Me die Voorsitter, pensioentrekkers is die mense wat hul land oor die afgelope 50 jaar opgebou het. Hulle moet beloon word vir hul bydrae en nie gestraf word omdat hulle oud is nie. Ons moet ook die nasionale Regering uitdaag oor die uitfasering van die onderhoudstoelae vir kinders tot op die ouderdom van 18 jaar. Dit is met ingang van 1 April 1994 deur 'n kinderondersteuningstoelae vervang, maar tot dusver is slegs 6 377 sulke toelaes uitgereik.

Die R114 miljoen wat aan ouers uitbetaal is, is vanjaar tot R60 miljoen verminder, terwyl die kinders se onderhoud van R86 miljoen tot R40 miljoen verminder is. Die ekonomie van die Wes-Kaap het aan huishoudelike inkomste alleen R100 miljoen verloor. As die omsetspoed van geld slegs 20 maal per jaar was, beteken dit 'n verlies aan R2 miljard per jaar vir die ekonomie van die Wes-Kaap.

Die voormalige nasionale Minister van Welsyn en Bevolkingsontwikkeling was verantwoordelik vir die uitfasering van die ondersteuningstoelae. Dit was die ernstigste knou vir bruinvroue in die Wes-Kaap. Hulle het hulself skielik sonder enige inkomste of met dramatiese verminderings in inkomste bevind. Geen veiligheidsnet is voorsien nie. Bruinvroue is gevra om sonder 'n valskerm uit 'n vliegtuig te spring.

Me die Voorsitter, armoede is Suid-Afrika se vyand no 1. Die pad na ekonomiese bevryding vir swart- en bruinmense is die daarstelling van 'n ondernemersklas onder hulle. Ons moet kleinsakeondernemings onder die voorheen benadeelde gemeenskappe aan die gang kry. Ons moet aan hulle toegang gee tot fondse wat die bankstelsels nie sal doen nie.

As ons huislenings aan staatsamptenare kan subsidieer, waarom kan ons nie lenings aan ondernemings subsidieer en werk skep nie? Ons moet deur middel van landwye wisselwerking ons staatswerkers en naaldwerkers wat nou in die strate loop en werk soek, bemagtig om eienaars van minifabrieke te word. Plaaswerkers moet bemagtig word om boere te word en vissers met papierkwotas moet eienaars of aandeelhouers in die visverwerkingsaanlegte word. Ons moet aan ons mense hoop gee, maar bowenal 'n visie van 'n toekoms sonder swaarkry en armoede, en 'n toekoms sonder 'n gebrek aan die basiese lewensmiddele. Die uitwissing van armoede moet een van die sleuteldoelwitte van die Suid-Afrikaanse staat wees as dit geloofwaardigheid in die o van sy mense wil behou.

Me die Voorsitter, ten slotte is ons pleidooi aan die Huis dat ons ons arm mense saam moet help om hul drome te verwesenlik. Dit kan slegs een stap op 'n slag gedoen word; kom ons wees elke stap van die pad vir hulle daar.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Me die Voorsitter, dit is 'n moeilike debat hierdie om by betrokke te raak, want soveel van wat ges word dateer terug na 'n tydperk waarin ons onsself toegelaat het om aan 'n beter alternatief te dink vir die welsynstelsels wat bestaan het. Daar is stemme wat 'n mens in die Huis hoor wat terug hunker na die ou dae toe daar 'n toelae vir elke probleem was wat bestaan het. Ek dink egter dat ons heelwat verder as party van daardie sake gevorder het.

In 'n tydperk waarin die politieke leierskap van die departemente ietwat onstabiel was - hulle is nou onder nog 'n nuwe Minister - was die stabiliserende faktor die amptenare wat die departement gelei het, wat vanmiddag hier van alle kante van die Huis entoesiasties geprys is.

Di departement en sy senior leierskap en middelbestuur, asook sy bestuur op distriks- en plaaslike vlak, het 'n taak wat meer as net die verskaffing van maatskaplike dienste behels. Die leierskap van hierdie departement was die duidelikste antwoord op diegene, veral in die DP, wat glo dat enige bevordering van anderskleuriges na senior vlakke ipso facto 'n verlaging van standaarde beteken.

Di departement het getoon dat ons 'n leierskap daar kan stel wat die respek van alle partye en mense, van stedelike en landelike gemeenskappe, verdien het. Waar hulle ook al gegaan het, kon hulle moeilike paadjies stap en wys dat anderskleuriges oor die vermo beskik, indien hulle die geleentheid gebied word. Die geleentheid is aan hulle gebied, en hulle het hul vermons getoon.

Belangriker egter is dat dit nie net van die Virginia Petersens, die Sharon Follentines, die Henry de Grasses, die Wessie van der Westhuizens en so meer praat nie. Ek praat ook van die Tom Sutcliffes en die Valdi Terblanchs - mense wat gewys het dat indien 'n mens blank is en uit 'n staatsdiensagtergrond kom, maar deel van 'n gentegreerde span uitmaak, dit wat 'n mens byvoeg, nie afhang van jou velkleur nie, maar van die waarde van jou bydrae.

Dit was die duidelikste antwoord vir diegene wat daarop aandring dat regstellende optrede, om aan anderskleuriges 'n kans te gee en 'n nuwe leierskap saam te stel, ipso facto op 'n verlaging van standaarde neerkom. Ek glo dat hul taak nie net is om voort te gaan om leiding te verskaf op die terrein van maatskaplike dienste nie, maar ook in wese om aan die ongelowige Thomasse te s dat hulle verkeerd is. Hulle is verkeerd bewys, en ek wil regtig daardie amptenare bedank omdat hulle daardie rol vervul het.

Ons het te doen met 'n totale begroting van R2,266 miljard. Dit is 'n begroting waarvan R1,8 miljard aan bestaansbeveiliging gaan. Daar is baie min wat 'n mens daarmee kan doen, behalwe om dit aan diegene te gee wat oor die ouderdom van 60 of 65 jaar is, wat in aanmerking kom vir toelaes, en so meer. Die enigste omstredenheid wat 'n mens daarom kan skep, is oor wie dit uitbetaal, en dit is 'n voortdurende bron van omstredenheid.

Die verspreiding van daardie R1,8 miljard onder diegene wat kwesbaar is, maak op uitbesteding staat. Dit was oor die afgelope paar jaar 'n twisappel. Tans moet 'n voormalige nasionale Minister van Welsyn, mnr Abie Williams, byvoorbeeld voor die hof verskyn op 43 aanklagte van bedrog, korrupsie en diefstal, en hy is in daardie posisie geplaas deur die Ondersoekdirektoraat vir Ernstige Ekonomiese Misdrywe. [Tussenwerpsels.] Daar is nog nie eens met daardie saak begin nie. [Tussenwerpsels.] Net nie daardie Abie nie! Daar is 'n ander Abie. [Tussenwerpsels.]

Dit sou nuttig wees om van die agb Minister te hoor hoe ver met die saak gevorder is ten opsigte van die skade wat van Denel teruggeis word. Is daardie proses aan die gang? Hoeveel eis ons terug? Hoe gaan ons in daardie hofsaak verteenwoordig word? Ons moet aan alle toekomstige tenderaars wys dat ons ernstig is oor die integriteit van openbare geld. As ons nie skade terugeis en 'n goeie saak uitmaak nie, sal ons sien dat bedriers en alle soorte mense wat vinnig geld wil maak, ons nader en probeer om hul hande op daardie R1,8 miljard, wat openbare geld is, te kry.

Ons het ook 'n begroting van R227 miljoen vir maatskaplike dienste, wat di deel uitmaak van die R2,2 miljard-begroting wat inderdaad bestee word daaraan om die maatskaplike onderbou van ons provinsie byeen te hou. Dit is R1 miljard minder as die vorige begroting. Ons het R218 miljard wat aan inrigtings gaan. Daarvan gaan R76 miljoen byvoorbeeld aan die tehuise vir bejaardes. Ons bestee R76 miljoen aan 144 inrigtings wat na 25 000 mense omsien.

Die punt wat ons maak, is dat indien 'n mens na daardie 25 000 mense in verhouding tot die getal bejaardes in ons provinsie kyk, jy kan sien dat daardie R76 miljoen aan 'n breukdeel van die totaal bestee word. Baie van daardie tehuise vir bejaardes - ek is seker dat die agb Minister vir ons die jongste inligting sal kan gee - is histories blank. Om die waarheid te s, 109 van hulle was uitsluitlik blank. Watter stappe is gedoen om hulle nie-rassig te maak?

Miskien moet ons aan hierdie agb Minister die taak opdra om regulasies op te stel waarkragtens die waglyste in die hande van die departement geplaas word, wat dan daardie lyste sou kon skommel, soos ons met die waglyste vir behuising gemaak het. Dan sal ons nie 'n lang tou mense wat histories bevoordeel is aan die voorpunt h van die tou wat wag om by daardie tehuise vir bejaardes in te kom nie. Meer mense, veral die verswakte bejaardes, sou dan by daardie tehuise kon inkom.

Daardie R76 miljoen is 'n klomp geld vir 'n beperkte getal inrigtings, en ons kry nie 'n deurdra-effek wat aan minderbevoorregte gemeenskappe s dat hulle erkenning geniet nie. Dit is iets wat ons moet kan doen.

Ons gee almal toe dat tehuise vir bejaardes nie die antwoord op ons langtermynprobleme ten opsigte van bejaardesorg is nie. Ons moet aanhou met die aktiewe soeke na nuwe metodes en nuwe meganismes om ons plig teenoor kwesbare gemeenskappe na te kom.

Hoe, byvoorbeeld, brei ons die tempo waarin ons dienssentrums vir bejaardes in gemeenskappe vestig, baie vinniger uit? Dit is 'n terrein waarop ons ng die institusionele model genoeg vertraag, ng die gemeenskapsgebaseerde model vinnig genoeg versnel, en dit moet genoem word as die een punt van kritiek wat ons teenoor die departement moet opper. Op daardie wyse kan ons baie meer bejaardes bereik.

Oor die hele kwessie van die herkonseptualisering van welsyn wil ek s dat ons nou dalk 'n welsynskrisis afgeweer het, maar so 'n welsynskrisis sal ons in die een of ander stadium tref, wanneer ons ou modelle nie goed genoeg sal wees nie.

Volgens Anthony Giddens, wat baanbrekerswerk gedoen het rakende denke oor die "Third Way" in Brittanje en die belangrikste adviseur vir die huidige Arbeidersregering is, het 'n studie wat hulle aan 'n universiteit gedoen het aan die lig gebring dat die hoofbegunstigdes van ons R218 miljoen wat aan inrigtings toegewys is, inderdaad die middelklas is, en dat daar heeltemal te veel lae beroepslui, bestuurders, administrateurs, en so meer is, wat deur ons geld bevoordeel word voordat die oorblyfsels van daardie proses begin om uit te kom by die mense wat eintlik die begunstigdes behoort te wese.

Dit is iets wat ons moet kan verander, en ek hoop dat die model waarvan die agb Minister gepraat het, inderdaad ver genoeg gaan om te veroorsaak dat meer van ons rande inderdaad uitkom by diegene wat die begunstigdes behoort te wees. [Tyd verstreke.]

Die MINISTER IN DIE KANTOOR VAN DIE PREMIER: Me die Voorsitter, ek wil ter aanvang die agb lede dr Van Zyl, me Brown en mnre Winde, Louis en Isaacs bedank vir die positiewe bydraes wat hulle gelewer het en hulle komplimenteer met die wyse waarop hulle veral die portefeulje van Maatskaplike Dienste, maar ook dele van die armoedebestrydingskwessie, aangespreek het.

Ek wil enkele punte uitlig wat in die debat bespreek is. Daar was veral baie sterk fokus op Vigs geplaas. Dit is waar dat Vigs 'n bydraende faktor tot armoede is. Ek vind dit skokkend dan 'n mens ook in die nuusblaaie moet verneem dat ongeveer 40% van die totale nasionale befondsing vir Vigs tot nou toe nog nie gebruik is nie. Dit is 'n aansienlike bedrag - iets soos R42 miljoen of meer. Na my mening moet 'n poging aangewend word om die regeringstrukture baie positief te benvloed, sodat daardie geld in die provinsies gekanaliseer word, veral waar die endemiese voorkoms van Vigs baie hoog is.

Ek stem saam oor die opskorting van die onderhoudstoelaes. Dit is onafwendbaar, en die nasionale Regering gaan dit regoor die land toepas. Na my mening moet ander kanale ondersoek word om vas te stel of ander wyses gemplementeer kan word waarop daardie gaping aangespreek kan word.

*Me die Voorsitter, ek wil graag aan die agb lid mnr Winde s dat ek kennis neem van die feit dat alles van die tyd afhang, wat die aanstelling van 'n konsultant betref. Ek deel sy kommer dat ons nie langer tyd kan verkwis nie. Hoe langer ons oor die kwessie van armoedebestryding twis, hoe meer ly ons mense in die praktyk. Die agb lid het die kern van die armoedekwessie saamgevat dat, terwyl ons hier met mekaar twis, miljoene Suid-Afrikaners - die armstes onder die armes - swaar kry. Ek bedank die agb lid vir daardie opbouende inset.

Me die Voorsitter, ek neem ook kennis van die feit dat die agb lid mnr Louis baie besorg is oor fiskale en finansile verantwoordelikhede. Ek noem dit veral met spesifieke verwysing na die 137 armoedebestrydingsprojekte wat ingestel is voordat ek hierdie portefeulje oorgeneem het. Tydens my kort ampstermyn het ek my eie navorsing gedoen. Ek het nie in my kantoor gesit nie. Ek het wyd en syd na die landelike gebiede gereis en ek het op verskeie kwessies in daardie verband afgekom wat vir my kommerwekkend is, maar ek sal dit vir 'n latere debat laat oorstaan.

Ek wil die agb lid mnr E Isaacs graag bedank vir sy bydrae. Dit is goed om te weet dat ons medelydende en ernstige mense in die Parlement het wat werklik aandag wil gee aan die kwessie van armoede, en wat werklik wil kom aansluit en hul kant wil bring om te kyk of ons nie gesamentlik iets omtrent hierdie saak kan doen nie.

Me die Voorsitter, met verwysing na die agb lid me Essop - ek kan net lag as ek na haar kyk. Haar klakkelose gegorrel is net weer 'n gegeur met valslik, subjektiewe en selektiewe gegewens. Ek kan vir haar onthalwe aantoon dat daar "focal units" in verskeie departemente is. Dit is so - sy kan haar huiswerk gaan doen. [Tussenwerpsels.]

*Me die Voorsitter, ek het verlede week in die Parlement aangehaal uit die nasionale Geslagsoudit wat ons in die Wes-Kaap gesamentlik met die nasionale Regering uitgevoer het. Die feite wat hier deur die agb lid me Essop voorgehou is, is weer eens nie korrek nie.

Die enigste antwoord wat ek op hierdie stadium kan gee, is, daar staan in die Bybel, "Antwoord 'n sot nie na sy dwaasheid nie."

Die WAARNEMENDE MINISTER VAN MAATSKAPLIKE DIENSTE: Me die Voorsitter, ek bedank u vir die geleentheid. Ek wil graag reageer op die kommentaar van agb lede. Oor die algemeen het ek die kommentaar as baie positief ervaar. Ons sal aan elkeen aandag skenk. Daar is baie ges deur die verskillende agb lede; hulle het nie slegs by een punt gehou nie. Hulle het werklik aan baie toepaslike sake aandag gegee.

Ek wil eerstens reageer op die kommentaar van die voorsitter van die staande komitee, die agb lid dr Van Zyl. Sy het weer, soos gewoonlik, 'n baie goeie bydrae gelewer, veral met betrekking tot MIV/Vigs en die rol wat daar gespeel moet word. Ons sal daarna moet kyk. Daar is implementeringsplanne op hierdie stadium waarna gekyk word, waarvan agb lede almal bewus is.

*Me die Voorsitter, u het na die onderhoudstoelae en verwante sake, asook die vlagskipprojekte verwys. U het melding gemaak van die feit dat ons dalk na ander departemente en hul betrokkenheid kan kyk. Ek kry die indruk, wanneer ek na alle agb lede luister, dat ons dit holisties sal moet doen as ons aandag wil gee aan armoede. Ons kan nie s dat dit die verantwoordelikheid is van een Minister of een spesifieke departement is nie, en u het 'n uitdaging aan die departement gerig om aandag te gee aan die kwessie van armoede in die Wes-Kaap.
Behoorlike navorsing en die behoorlike toewysing van hulpbronne is nodig en belangrik. Dit is heeltemal korrek om te vra waarom die Departement van Landbou nie 'n rol kan vervul in die ontwikkeling van die vlagskipprojekte nie, veral die een in Beaufort-Wes.

Die agb lid mnr Winde het verwys na straatkinders en die suksesse wat daar behaal is. Hy het melding gemaak van die hofsake, waarna ek 'n bietjie later sal verwys. Die meeste agb lede verwys na kinders, inrigtingskwessies en die beleid wat beskikbaar is. Ons het insette van alle agb lede nodig ten opsigte van die veeldoel-sentrums en die rol wat dit vervul.

Ons moet behoorlike samesprekings voer met die agb lid mnr Ramatlakane oor Elukhuselweni Tehuis. Ek verstaan dat hy 'n lid van die aksiegroep in daardie spesifieke omgewing is, en ek het 'n kennisgewing van hom in hierdie verband ontvang. Soos die agb lid sal onthou, was daar eers kommer oor of hulle die aksiegroep of 'n ander groep wat in daardie spesifieke omgewing gestig is, aanvaar het. Ek is bewus daarvan dat daar een ronde samesprekings was. In die departement sal ons binnekort samesprekings voer met die agb lid as die voorsitter van daardie spesifieke groep, eerder as 'n lid van die Huis.

Wat die finansile beheersake betref, het ons verwys na die DVOs en die wyse waarop ons fondse in die nuwe boekjaar sal toeken. Dit is baie belangrik.

Wat die Kommissaris vir Kinders betref, sal 'n verslag aan die Kabinet voorgel word wat ons vordering en die raamwerk van wat in daardie stuk wetgewing vervat moet word, uiteensit. Ons het insette van al die departemente ontvang, soos ek voorheen gemeld het, en ons sal nou voortgaan met daardie stuk wetgewing. Ons is op die oomblik reeds te laat daarmee.

Die agb Leier van die Opposisie het na die leierskaprol verwys. Hy het na die Nisec/Denel-saak verwys wat tans aan die gang is. Ja, natuurlik moet ons geld terugkry - daar is tans 'n eis van R56 miljoen. Dit is 'n deurlopende proses en ek dink dat dit baie belangrik is.

Die ander hofsaak, rakende die Poskantoor, sal mre begin en die volgende dag voortgaan. Hulle het gister 'n dringende versoek gerig om die hoofpunte van hul argument te verander. Ek is meegedeel dat dit van die hand gewys is. Ons kan dus voortgaan en hopelik die saak so gou moontlik afhandel. Ek dink dit is baie belangrik om dit so gou moontlik te doen.

Die agb lid het die kwessie van tehuise vir bejaardes opgehaal. Ons sal as 'n saak van baie groot dringendheid daarop moet ingaan. Ons sal miskien nie die waglys en die kwessie van 'n gesentraliseerde plek op die waglys so dringend oorweeg nie, maar daar sou ten minste 'n debat in daardie verband in die staande komitee kon wees. As ons al die waglyste in die Wes-Kaap sou neem en een waglys sou maak, sal ons rekening moet hou met die feit dat daar mense is wie se name al baie jare lank op die waglys is. Hulle kan nie net gegnoreer word nie. Ons sal dit definitief in aanmerking moet neem.

Ek wil aansluit by wat die agb lid oor die departement ges het. Dit is 'n groot plesier om saam met die departement en die voormalige Minister van daardie departement te werk. Ons sien daarna uit om dieselfde verhouding met ons staande komitee en, natuurlik, met SKOF te h.

Debat afgesluit.

HUIS HERVAT:

Voortgang gerapporteer.

Die Huis verdaag om 17:15.


1318	DINSDAG, 14 MAART 2000



	DINSDAG, 14 MAART 2000	1319



	DINSDAG, 14 MAART 2000	1287


